Tag Archives: ouderdom

The Well-Lived Life – Dr Gladys McGarey

Wonderlike boek vol wysheid deur die ongelooflikste 102-jarige vrou.

Dr Gladys McGarey, the mother of holistic medicine and a still-practicing doctor at 102, reveals her powerful secrets for how to live with joy and vitality at any age.

The Well-Lived Life offers a counterintuitive approach to living a rich, full, and purposeful life that isn’t about conserving energy, but rather about spending it wildly. By inspiring readers to find their “juice” and live in alignment with their true purpose, offering them healing at the deepest level – in body, mind, and spirit.

By sharing stories of miraculous healing from her patients as well as from her own extraordinary life, Dr. Gladys will transform how readers think not only about health and healing, but ultimately a satisfying life.

Hier antwoord sy ‘n paar vrae: https://www.penguinrandomhouse.co.za/penguinbooksblog/qa-well-lived-life-author-dr-gladys-mcgarey

Daar is baie onderhoude met haar op YouTube beskikbaar.

Outlive: the science and art of longevity – Dr. Peter Attia

RETHINKING MEDICINE TO LIVE LONGER BETTER

Wie van ons wil nie graag lank lewe, maar ook so gesond as moontlik bly nie? Dr. Peter Attia maak ‘n oortuigende saak uit dat dit wel moontlik is. Dis pitkos, ek lees stukkie vir stukkie, maar dis duidelik dat hy uit wye ondervinding en uitgebreide studie in verskeie velde praat.

A groundbreaking manifesto on living better and longer that challenges the conventional medical thinking on aging and reveals a new approach to preventing chronic disease and extending long-term health, from a visionary physician and leading longevity expert.
 
“One of the most important books you’ll ever read.”—Steven D. Levitt, New York Times bestselling author of Freakonomics
 
Wouldn’t you like to live longer? And better? In this operating manual for longevity, Dr. Peter Attia draws on the latest science to deliver innovative nutritional interventions, techniques for optimizing exercise and sleep, and tools for addressing emotional and mental health.
 
For all its successes, mainstream medicine has failed to make much progress against the diseases of aging that kill most people: heart disease, cancer, Alzheimer’s disease, and type 2 diabetes. Too often, it intervenes with treatments too late to help, prolonging lifespan at the expense of healthspan, or quality of life. Dr. Attia believes we must replace this outdated framework with a personalized, proactive strategy for longevity, one where we take action now, rather than waiting.
 
This is not “biohacking,” it’s science: a well-founded strategic and tactical approach to extending lifespan while also improving our physical, cognitive, and emotional health. Dr. Attia’s aim is less to tell you what to do and more to help you learn how to think about long-term health, in order to create the best plan for you as an individual. In Outlive , readers will discover:
 
• Why the cholesterol test at your annual physical doesn’t tell you enough about your actual risk of dying from a heart attack.
• That you may already suffer from an extremely common yet underdiagnosed liver condition that could be a precursor to the chronic diseases of aging.
• Why exercise is the most potent pro-longevity “drug”—and how to begin training for the “Centenarian Decathlon.”
• Why you should forget about diets, and focus instead on nutritional biochemistry, using technology and data to personalize your eating pattern.
• Why striving for physical health and longevity, but ignoring emotional health, could be the ultimate curse of all.
 
Aging and longevity are far more malleable than we think; our fate is not set in stone. With the right roadmap, you can plot a different path for your life, one that lets you outlive your genes to make each decade better than the one before.

Inligting van die uitgewer

Net een kans – slot

ATT00342.jpgComien staan verstom en kyk hoe die motor die figuurtjie in die groen skoolrok rakelings mis en skuins-skuins teen die sypaadjie tot stilstand kom, net ‘n tree of wat van die lamppaal af.

“Mathildie!” Haar stem klap soos ‘n sweep in die stilte. Sy het haar altyd daarop geroem dat sy elke dogter in haar skool se naam ken. Met haar geheue is daar genadiglik toe niks verkeerd nie. Mathildie Hanekom, graad tien, enkelma wat te hard werk, onbetrokke pa, swak motivering, gebrekkige Lees voort Net een kans – slot

Net een kans – Deel 1

att00324Dié storie is vir ons grootste gesinstydskrif geskryf toe hulle kort vervolgverhale van ‘n sekere lengte geplaas het. En toe verander hulle beleid net toe dit klaar is. Hier is hy dus vir jou, gratis en verniet. 

Natuurlik is Comien op die kop vyfuur so wakker soos die spreekwoordelike haas. ‘n Goeie veertig jaar se gewoonte word nie sommer so verbreek nie. Sy beplan in elk geval nie om dit ooit te breek nie. Van jongs af het die oggendstond vir haar goud in die mond gehad, sy was nooit van die saans-gousblom-soggens-molshoop Lees voort Net een kans – Deel 1

Fyn porselein – Helena Hugo

Helena Hugo is ‘n veelsydige skrywer wat haar reeds op verskeie terreine onderskei het. Fyn porselein is ‘n sensitiewe roman wat hierdie wye ervaring weerspieël.

Die verhaal van drie geslagte vroue word vertel, maar dis die hoogsbejaarde Hanna wat die sentrale figuur is.’n Kind van die vroeë jare van die vorige eeu, word sy groot in ‘n wêreld waar reg en verkeerd nie onderhandelbaar is nie, waar vroue se rol vir hulle afgebaken is, waar Afrikanerskap eksklusief is en waar oor vele dinge glad nie gepraat word nie.          Oënskynlik pas sy perfek in hierdie wêreld in. Sy word die waardige, vlytige vrou van die man wat haar pa vir haar uitgekies het, ‘n baaskok en raakvatter in talle vroueverenigings. Haar status word gemeet aan haar man se titel en haar onberispelike gedrag in die sosiale milieu waarin hulle beweeg. Maar nou bevind sy haar in die verswakte afdeling van ‘n versorgingsoord, uitgelewer aan die meestal Lees voort Fyn porselein – Helena Hugo

Positief oud word … Hoe moontlik is dit?

Over the moonDeesdae is daar heelwat te lees oor positiewe veroudering, o.a. in hierdie boek deur ʼn Suid-Afrikaanse kenner op ʼn hele boel terreine:

http://www.goodreads.com/book/show/17678150-over-the-moon

Die baby boomers is besig om oud te word en baie van hulle doen dit met ʼn bang. Die skrywer reken ons kan baie doen aan hóé ons oud word. Ons weet ook almal dat die ouer mense die deel van die bevolking is wat die vinnigste groei, seker ten minste in ontwikkelde lande.

Maar hoe moontlik is dit om positief oud te word? Hoeveel is geluk en genade en hoeveel kan ʼn mens regtig self bepaal?

Volgend dr. Van Zyl-Edeling is die belangrikste ding om jou kop aan die gang te hou. Maar wat dan van mense soos Reagan en Thatcher wat ook maar Alzheimer’s gekry het? (Nee, ek dink nie dis ʼn aanduiding dat daar min in politici se koppe Lees voort Positief oud word … Hoe moontlik is dit?

Dagboek van ‘n depressievegter: As die Feestyd nie vir jou is nie

Kersvader versoekJa, Kersfees het gekom en gegaan. Daar was presente, maar nie almal ewe geslaagd nie. Sommige alreeds vergete of gebreek of dadelik opgeëet (net om later spyt te wees), ander onmiddellik eenkant gesit om nie weer uit te haal nie. Hopelik is daar een of twee wat in die kol was en vir altyd gekoester gaan word.

Die familiekuier het dalk goed begin, maar nou is die samesyn nie meer deurgaans so vreeslik innig nie. Ouma praat steeds aanhoudend oor dieselfde goed, die tieners vry in die duine, die kleuters mors die hele wêreld vol sand en die ma in die huis werk harder as ooit. En natuurlik voel sy niemand sien dit raak nie. (Heel moontlik is sy reg.)

Ons is klaar Kersliedere gesing en Liefde en Vrede kom nie meer heeltemal so maklik nie. Want ons beleef ‘n hittegolf en die blote gedagte aan die Lees voort Dagboek van ‘n depressievegter: As die Feestyd nie vir jou is nie

Om so ouer te word

Wat ‘n voorreg om 63 te word, ‘n donderstorm te trotseer en daarna tot 2:00 partytjie te hou saam met 60 000 vriende.

Maar om so ‘n partytjie te verdien, moet jy waarskynlik ‘n redelik spesiale persoon wees.

Jy moet definitief jou werk met groot passie doen.

Jy moet beslis absoluut glo in wat jy doen.

Jy moet mense met al hul swak- en sterkpunte ken en Lees voort Om so ouer te word

Terugblik: 20 Junie 2011 – Springsteen … en die dood van ‘n vriend

Die dood van my geliefde Springsteen se boesemvriend en saksofoonspeler, Clarence Big Man Clemons die afgelope naweek, het my gedagtes op ver paaie gestuur. Soos die dood se manier maar is.

1. Daar is min dinge waarvoor ek so bang is as vir beroerte. Om jou spraak te verloor moet iets ysliks wees. Om verlam te wees … Om hulpeloos te wees … Ouch. (Intussen is ‘n vriendin van my eie ouderdom hierdeur aangeraak, en sien ek eerstehands hoe dit mense se lewens kan raak. Selfs al is die Lees voort Terugblik: 20 Junie 2011 – Springsteen … en die dood van ‘n vriend

Fliek: The best exotic marigold hotel

‘n Groepie stywelip Engelse bejaardes vertrek uit Brittanje om te gaan aftree in dié hotel in Indië.  Daar is ‘n goeie lydsame man en sy ontevrede vrou wat al hul geld in hul dogter se besigheid verloor het. Daar is die kwaai tannie wat ‘n heupvervanging moet kry en om die waglys in Brittanje te vermy, haarself met wrewel en vrees oorgee aan ‘n opsie wat in Indië beskikbaar is (vermoedelik ‘n soort opleidingshospitaal). Daar is die gay oud-regter wat na sy jeugliefde kom soek, die mannejagter, die weduwee wat nog nooit iets op haar eie onderneem het nie. O ja, en die rokjagter wat smag na ‘n laaste nag van passie.

Die Best Exotic is ‘n (wonderlik fotogeniese) amper-ruïne met ‘n begeesterde Lees voort Fliek: The best exotic marigold hotel

Terugblik: Koms van die Paashaas

Ek het ongelukkig net hierdie een Paasstorie – so hy word maar elke jaar weer uit die onderste laai gehaal en afgestof.
Koms van die Paashaas het in die Huisgenoot van 13 April 2006 verskyn, maar jare tevore al sy ontstaan gehad in die tyd toe ek ‘n tuisbly-ma en teler van miniatuurkonyne was. Aanvanklik was die storie ook meer godsdienstig van aard – waarskynlik ‘n bietjie prekerig as ek nou daaraan dink. Toe ek dit jare later oorskryf, was dit interessant om te sien hoe my styl intussen verander het. Hopelik ten goede.

Soos dit maar gaan, is daar heelwat raakpunte Lees voort Terugblik: Koms van die Paashaas

The notebook – Nicholas Sparks

Hier het ek dit nou ‘n slaggie regom gedoen – eers die fliek, dan die boek! Andersom werk dit eenvoudig nie vir my nie.
Ek was nie rasend oor die fliek nie. Miskien omdat dit tweede in ‘n movie marathon was wat ek maar selde aanpak. Mooi – en ja, trane het ek gestort. Maar nie diep, diep, diep wonderlik nie. Dis egter nie die akteurs of die skrywer se skuld nie – waarskynlik maar dié van my swaar verworwe sinisme …
Die boek was ook vir my mooi, maar nie een van dié wat ek nooit sal vergeet nie. (Of miskien tog wel, a.g.v. die ongewone hoek waaruit die storie vertel is.) Ek kon nog nie lekker agterkom wat Sparks se troefkaart is wat hom so ‘n ontsettende gewilde en verfilmde skrywer maak nie. (Dalk is ek plein, doodgewoon jaloers …) Sy styl is regtig niks besonders nie. Die taal is regtig niks Lees voort The notebook – Nicholas Sparks

Klein juweeltjie: Oudword

Die beste beskerming teen depressie en onvergenoegdheid
in die ouderdom is om in jou jonger jare
reeds ‘n wye perspektief op die lewe aan te kweek
en intellektueel soepel te bly
deur wye belangstellings te kweek.
Anders as met ons liggame,
gaan ons gees nie noodwendig die afdraande pad
met die stygende jare nie.
Wie besig bly met dinge buite hulleself,
wie hul gees vul met die herinnering aan God se liefde en trou,
en hulle gemoed met vriendskap en boeke en musiek voed,
bly jonk ook in hulle ouderdom.
WB Wolfe

Veels geluk, Bruce!

Wonderlik hoe die gelukwensings vir The Boss se een-en-sestigste verjaardag op WordPress blogs instroom. Dit bly vir my ongelooflik hoeveel derduisende mense se lewens hy deur die jare aangeraak het en steeds aanraak. By hierdie skakel is ‘n besonder oulike een: http://springsteeninformationcenter.wordpress.com/2010/09/23/happy-birthday-bruce/#comment-1331

(Vir die oningewydes – dis almal titels of reels uit van sy liedjies. En so saamgegooi sê dit nogal baie oor hom as kunstenaar en as persoon.)

Wysheid van vyf dekades

‘n Paar jaar gelede het ek vir ‘n vriendin se vyftigste verjaardag hierdie stukkie aanmekaargeslaan:

Op tien weet jy:
Jy’s die mooiste kind in die hele wêreld
Jy gaan eendag ‘n baie belangrike werk doen
Jy gaan met ‘n aantreklike, ryk, goeie man trou
Julle gaan mooi, gehoorsame kinders met pragtige maniere grootmaak
Op twintig begin vermoed jy …

Lees verder by https://altacloete.wordpress.com/random-gedagtes/op-tien-weet-jy/