Elmie van Wyk

Durban

  1. Ouderdom: 65 jaar en 1 week 😊
  2. Beroep: Pensioenaris
  3. Huwelikstatus: Getroud (44 jaar)
  4. Waar woon jy? Pretoria-Noord
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) My man en ons African Grey pappegaai, Robbies.

 

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek is nie lief vir huis skoonmaak nie en agv osteo-artritis (meeste van my gewrigte) kan ek nie alles doen nie. Het 1 x per week ‘n huishulp en toe het ek haar glad nie.

 

 

  1. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Dit was ons 2de dag by ons ver-kinders in KZN. Ons sou 10 dae by hulle kuier. Moes besluit of ons daar gaan bly of huis toe kom. TELEURGESTELD. Moes vir 3 kindertjies 7, 5 en 2 verduidelik hoekom ons terug gaan kom Pretoria toe. Ons en hulle het uitgesien na die 10 dae se lekker kuier.

 

  1. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Kwaad, Onseker.

 

  1. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? By ons kinders en kleintjies in Howick en toe terugtog van Howick na Pretoria.

 

 

 

  1. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Regtig ingeperk. Deel van ‘n pensioenarisgroepie, Omgeegroep en ‘n hekelgroepie 1 x per week elkeen. My mense gemis. My kinders en kleinkinders in Elarduspark (ook Pretoria) gemis.  Geen Saterdag parkrun en dan Boeremark toe nie.

 

 

  1. Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om nie vryelik buitenshuis te mag beweeg nie en die ellelange toue by kruideniersplekke 1 x in 2 weke as ek sou ry. Self huis skoonmaak.

 

  1. Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Ek en my man het baie gelag vir die grappe wat ingekom het op die media. Baie werk binne en buite om die huis gedoen gekry.

 

  1. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Elkeen homself maar besig gehou. Gelukkig het hy ‘n stokperdjie gehad voor hy afgetree het. Bonzaiboompies en houtwerk in garage.

 

 

  1. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?

 

  1. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Om ons vriende te sien vir koffie/kuier en te gaan stap op ‘n tyd wat my pas.

 

  1. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Die stappery wat so vroeg was. Mag nog steeds nie met my familie kuier nie. My sus is 100 km van hier maar ek moet oor die Noordwesgrens gaan daarvoor.

 

  1. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Was vir my maar steeds inperking.

 

  1. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Die belaglike besprekings van die regering en die weerspreking van wat hulle doen en waarom. Nog steeds nie my 93-jarige tannie in ouetehuis in Rustenburg besoek nie – ook nie eers haar eie kinders.

 

  1. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ja, soggens 3-5 km gaan stap en Saterdae Parkrun gaan stap.

 

  1. Het jy tydens vlak 5 geoefen? Glad nie

 

 

  1. Hoe het jy dit gedoen? –

 

  1. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Nie gebruik gemaak daarvan nie

 

  1. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Ons is nie groot drinkers nie maar kon darem weer Old Brown Sjerrie koop en ek kon my hare gaan sny.

 

  1. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Dat van die mense wie se besighede toegemaak was wel weer mag begin werk het. Dankbaar dat hul weer kan verdien.

 

  1. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Dat ons president nie meer en beter standpunt inneem nie. Ek het dit redelik in my ‘stride’ gevat want ek weet ek ons het geen beheer nie maar die mense se korruptheid kry my onder.

 

  1. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Na Sondagaand begin ek vir die eerste keer opstandig raak. Ek besef die Here is in beheer en dit hou my kop reg maar ek ‘struggle’ regtig met ons regering se besluite en uitvoer van alles.  Ek wil nie meer nuus kyk of hoor nie.

 

  1. Is jy finansieel erg geraak? Nee wat, ons was nog nooit ryk nie maar ons koop ook baie minder en gaan minder winkels toe. Dankbaar dat ons nie honger ly nie.

 

  1. Wat is nou vir jou die moeilikste? Nog steeds oor ek nie my kinders kan sien soos en wanneer ek wil nie. Ook my familie in Rustenburg nie.

 

  1. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Baie meer gelees en sosiale media gekyk. Begin om op Wildearth te kyk. Voel of ons elke middag in die wildtuin is.  Beide my kinders en hul gesinne werk van die huis af en die gesinstyd en verhoudings het almal baie goed gedoen (behalwe ons wat verlang maar ons het genadiglik baie en gesonde kontak dmv tegnologie)

 

  1. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Glad nie want ek vertrou nie hulle toetse en syfers nie. Almal wat nou dooi is agv Covid. Hoeveel mense ly aan TB of vigs? En hoeveel van hulle sterf?

 

  1. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? RSG nuus en Televisie as dit aan is. My man kyk baie TV.

 

  1. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Ek skakel myself af en pas onsself net goed op. Dankbaar dat ons nog nie verkoue of hoes gehad het wat ons gewoonlik al 1 of 2 x die tyd van die jaar gehad het.

 

  1. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ek luister maar dis nie vir my belangrik nie. Ek kan niks daaraan doen nie.

 

  1. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Net Griekeland oor my vriendin-hulle soontoe geemigreer het.

 

  1. Hoekom? Ons vriende woon nou daar in Korfu.

 

  1. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Ek het geen beheer daaroor nie.

 

  1. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Heeltemal buite my beheer.

 

  1. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Net soos wat ons nou leef.

 

  1. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja en ook 1 van hulle het geen,, maar geen simptome gehad nie.

 

  1. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Genadiglik nie.