Marliza Fick

  1. Beroep:Diereversorger, dagsorg & nasorg vir kleuters
  2. Huwelikstatus: Geskei
  3. Waar woon jy? Paarl
  4. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

My drie kinders

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

As broodwinner kon ek geen van bogenoemde werke beoefen nie. Ek was al in ‘n situasie met baie min inkomste en het regtig nie kans gesien om my huisgesin weer deur so iets te sit nie.

  1. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Die skole moes dadelik sluit en so ook die nasorg. Dit het onwerklik gevoel. Vir die eerste keer in tien jaar het ek ook vakansie gehad.

  1. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?

Uiters angstig. Ek is gerat om elke dag van die een werk na die ander te beweeg. Ek het ook op daardie stadium slegs twee honde gehad om te gaan kosgee. Die eienaars het by hulle vakansiebestemming geïsoleer.

  1. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?

Ek het probeer om by die polisie ‘n permit te kry om die honde te versorg. Hulle kon my nie help nie, maar het belowe dat hulle my nie sal toesluit nie. Ek het my gaskanne gaan volmaak, want ek was bang gas raak onverkrygbaar. Ek het medikasie aangevul.

  1. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?

Ek het vir die eerste keer in baie jare tyd vir myself gehad. Ek kon weer lees en in my tuin werk. Dit het so ‘n week geneem om tot rus te kom.

  1. Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Vryheid om te kom en gaan. Ek het die twee honde skelm gaan kosgee. Ek doen gewoonlik alles volgens reëls. Ek was bang vir boetes, maar die honde moes eet.
  1. Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Ek was gedwing om tot stilstand te kom. Kontak met vriende per whatsapp op ‘n daaglikse basis was heerlik. Tyd en geselsies met my kinders. Woel en werskaf in en om my huis. Die bure in die straat het daagliks kontak gemaak.
  1. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?

Die introverte het uitstekend gevaar. Die ekstrovert het bietjie swaar gekry.

  1. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?

Gelate aanvaar. My angs was minder.

  1. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?

Al die diere! Vlak 5 het my beroof van al my langnaweke en vakansies saam met die diere.

  1. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?

Ek het die twee honde gaan kosgee in die oefentyd vir mense – die kans om uitgevang te word was minder😃

  1. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?

Ons kon soggens met die honde gaan stap, al was dit ook onwettig. Dit was nie my honde nie, maar niemand sou weet nie😜

  1. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?

Ek kon nog steeds nie my skooltjie oopmaak nie.

  1. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?

Nee

  1. Het jy tydens vlak 5 geoefen?

Nee

  1. Hoe het jy dit gedoen?
  1. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?
  1. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?                      Ons kon beweeg na kleuters se huise en hulle daar versorg.
  2. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?

Ek kon weer diere versorg,want mense kon begin beweeg.

  1. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?

Onbevoegde leiers van ons land.

  1. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?    Ek was nogal emosioneel toe ek kon terugbeweeg werk toe. Dit was oorweldigend om weer die diere en kinders te sien.             
  2. Is jy finansieel erg geraak?

Ek het net betyds terugbeweeg werk toe. Die inkomste wat ek nou verdien met diereversorging, red ons.

  1. Wat is nou vir jou die moeilikste? Afsondering in die werksplek-ek mis die kinders se drukkies. Die dra van ‘n masker vir 11ure aaneen. Dat kinders ingeperk word en nie kan vry speel nie.
  1. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?    

 Sosiale media het gehelp om heeltyd kontak te hou met almal. Sonder dit sou afsondering baie erg wees. Mense het weer uitgereik na mekaar wat fantasties was.        

  1. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?

Aan die begin op ‘n daaglikse basis. Vandat ek begin werk het, het ek nie meer tyd daarvoor nie.

  1. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?

Facebook. Ek lees saans na werk die daaglikse covid-nuus

  1. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?

Aan die begin, negatief. Sedert ek begin werk het, dink ek nie meer daaraan nie. Ek is nou daagliks in aanraking met mense en is glad nie bang nie.

  1. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?

Aan die begin, maar nou glad nie meer nie.

  1. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Nee
  1. Hoekom?
  1. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA  jou?

Mens is so gewoond aan misdaad en sterftes dat dit my nie ontstel nie. Ek dink ook omdat ek weer elke dag so besig is, is daar nie tyd om te bekommer of ek dit dalk kan kry nie. Dit is nou ook ons griepseisoen en mens verwag meer sterftes.

  1. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin?

Minder gepla wees oor daaglikse toename in getalle.

  1. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?

Elke dag positief aanpak en iets produktiefs doen.

  1. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?

Ja

  1. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?

Nee