Kyk gerus na die meegaande illustrasie. Dit wys die bose kringloop wat depressie vorm – maar ook die plekke waar dit gebreek kan word. (Kliek op die beeld om te vergroot).
Interessante feite wat jou kan help veg:
- Depressie is ‘n aktiewe siklus wat onderhou moet word deur introspeksie (malende gedagtes) en ‘n gebrek aan aktiwiteit. Dit is harde werk om depressief te wees!
Doelbewuste verandering van jou gedagtepatroon saam met daaglikse aktiwiteit gaan jou help om die siklus te verbreek. - Depressie maak helder denke moeilik agv die uitputting en negatiewe gemoedstoestand wat daarmee saamgaan.
- As ‘n mens depressief is, beland jy in ‘n ander wereld, waar jy dinge anders ervaar as wat die werklikheid is. Alles is erger, alles is donker.
- Ontspanning is noodsaaklik om jou brein ‘n blaaskans te gee, jou liggaam te help herstel, angsvlakke te verlaag en jou in staat te stel om helderder te dink.
Enige ontspanningsoefeninge of asemhalingstegnieke kan jou help hiermee. - Om depressie af te skud, is dit noodsaaklik om ook ‘n helder prentjie te verkry van waarheen jy met jou lewe wil gaan, wat jy wil he. Dit gee jou iets positiefs om op te fokus, sodat jy nie net aanhou konsentreer op wat jy nie wil he nie.
ken dit goed