Hoekom is dit so moeilik om kritiek op jou doen en late met grasie te aanvaar? Veral as jy weet dis met die beste bedoelings gegee?
Het dit steeds te doen met daardie curse van die (Afrikaner) vroue van my generasie – die onkeerbare behoefte om ALTYD ALMAL rondom ons gelukkig te hou? Want kritiek beteken tog daar is iemand wat nie tevrede is met jou nie, of hoe?
Nou ja, as ‘n mens vyftig nie weer sal sien nie, weet jy al hierdie dinge. Maar dit lyk my nie dit help altyd om te WEET nie – om te doen is veel moeiliker!
Sal dan maar vir die volgende vyftig jaar moet aanhou oefen …