RSS

Hoender-en-sampioenslaai

10ml olyfolie
100g ontbeende hoenderborsies, in repe gesny
Varsgemaalde sout en swartpeper na smaak
1 rooi-ui, in kwarte gesny
250g Denny Baby Button sampioene
100g vars groen aspersies
Vars roketblare
Parmesaan skaafsels
1. Braai hoender in olyfolie.
2. Geur met sout en peper.
3. Verwyder hoender en braai ui en sampioene vir so 5min tot gaar, maar ferm
4. Dompel aspersies in kookwater vir sowat 10min. Gooi dan water af.
5. Laat alles afkoel.
6. Plaas blare op ‘n bord en ander bestanddele bo-op.
7. Rond af met parmesaan skaafsels en sout en peper na smaak.

Lekker, maar onnodig duur.
Netso lekker met:
Hoenderborsies wat jy self van die been afsny en ontvel
En die hoender hoef nie REGTIG in olie gebraai te word nie
Enige sampioene in skyfies of kwarte gesny
Enige soort slaaiblare
Kan kaas uitlaat – moeilik om so ‘n klein bietjie te kry as jy nie gereeld parmesaan gebruik nie
Geblikte aspersies werk ook goed

(Aangepas uit Sarie)

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: