Ek was bang om die boek te lees. Om kennis te neem van iets so verskrikliks, beteken immers ook om te erken dit kan ook met jou gebeur. Maar ek is nie spyt nie. Die boek is in ‘n sober, eerlike styl geskryf, sonder pretensie of pogings om simpatie te werf…. Dis die verhaal van ‘n vrou en ‘n gesin wat ‘n onmenslike, onbegrypbare verlies ervaar het en op een of ander manier daarin geslaag het om voort te gaan. Dis ‘n eerlike kyk na hoe hulle dit ervaar, wat hul in retrospek anders sou gedoen het, die gedrag van ander mense wat dit vir hul makliker of moeiliker gemaak het. Wat ek sal onthou? Dat ‘n ma se liefde nooit verbygaan nie. En dat ‘n mens nie met mooi woorde na iemand in rou hoef te gaan nie – want geen woorde kan dit regtig beter maak nie. En dat vergifnis geen eenvoudige saak is nie – ook nie vir christene nie. En laastens: Dat ‘n mens ook onderdeur kan kruip as die hekkie vir jou te hoog is.
Bredenhann, Douwleen – ‘n Hemelhoë hekkie
Posted in Boeke, Depressie, Geestelik, Gesondheid, Inspirasie, Lees, Skrywers | Tagged Afrikaans, lees | 1 Kommentaar | Wysig
Ek het die boek seker 2 jaar gelde gekoop en nog nooit gelees nie. Miskien was dit juis die rede dat ek bang was. Dankie weereens ek sal die boek nou lees.
Ja, mens is bang. Maar dit word so aangebied dat dit hanteerbaar is. Groot bewondering vir Douwleen.