Die McGuire Program bied wêreldwye hulp en ondersteuning aan hakkelaars. Naweek-kursusse word gereeld in groot sentra aangebied, waar ‘n asemhalingstegniek aangeleer en ingeoefen word (‘n tegniek wat actually werk). Hierdie is egter net ‘n deel van die kursus, ‘n stukkie gereedskap wat aan jou gegee is. Die res van die kursus word spandeer aan hoe jy hierdie nuwe stukkie gereedskap reg moet gebruik. Dit fokus op die hele mens (die hele ysberg) nie net die puntjie wat almal kan sien nie.
Geen kitsoplossing word gebied nie, jy gaan nie ‘n lewenslange slegte gewoonte in ‘n maand, of selfs ‘n jaar, afleer nie. Nee, herstel is ‘n baie lang en moeilike pad, maar die persoonlike groei wat jy langs daardie pad ondervind, is ongelooflik. McGuire grads doen goed wat gewone mense nie eens sal droom om te doen nie, goed soos in ‘n winkelsentrum opstaan en ‘n groot public speech uithaal, goed soos om ‘n geselsie aan te knoop met ‘n wildvreemde persoon en te vertel van jou grootste vrees – hakkel.
McGuire grads doen sulke goed, nie net om hulle persoonlike vrees te oorkom nie, maar ook om hierdie boodskap so gou as moontlik by ander mense uit te kry. Hulle gebruik die goed gevestigde kommunikasienetwerke van die moderne samelewing vir iets goeds, iets waarmee elkeen kan help. Almal ken iemand wat hakkel. Gaan na daardie persoon toe, vertel vir hom/haar van hierdie kursus. Dit voel weird, ek weet, maar jy sal hom of haar ‘n baie groot guns doen.
Dis die regte ding om te doen, en jy weet dit.
Schalk Cloete, McGuire graduate 2006
Om meer te leer oor die McGuire Foundation wat jou hele lewe kan verander, kliek op https://altacloete.wordpress.com/hou-op-hakkel/