Van der Spuy Brink

  1. Ouderdom: 68
  2. Beroep: Konsultant en lektor
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Durbanville
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Vrou
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Om te oefen was uitdagend, toe die vyf kilomter om die huis afgemeet. Om nie ons nuwe kleinseuntjie te ontmoet nie. Mis my studente. Toastmasters Zoom nou en moeilik om te hoor.
  7. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Was bly oor die streng aksie wat Cyril geneem het.
  8. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Geskrik en toe opgewonde oor die nuwe dinge om anders te doen.
  9. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Wyn gekoop, gym toe gegaan.
  10. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?
    Hardloop om die huis, paar druppels rooi wyn per dag. Leer om te Zoom
  11. Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Oefening en om geen kontak met kinders te kry nie.
  12. Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Geleer om kreatief te wees.
  13. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Soos ek.
  14. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Maklik, aangepas en gaan net aan.
  15. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Soos 13.
  16. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Kon wyntjies koop en buite draf.
  17. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Oefen!
  18. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Niks.
  19. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ja!
  20. Het jy tydens vlak 5 geoefen? Vyf kilos per dag om die huis.
  21. Hoe het jy dit gedoen? Sien 22.
  22. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Lekker en om die hordes drawwers en hondelopers te kon sien.
  23. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Vryheid van om te kom en gaan waar en wanner ek wil.
  24. Was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Ja!
  25. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Niks
  26. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Redelik, maar frustrasie om nie direk te kan ontmoet nie.
  27. Is jy finansieel erg geraak? Beleggings gekrimp met 30-40%, gelukkig amper weer waar dit was.
  28. Wat is nou vir jou die moeilikste? Persoonlike kontak veral met studente.
  29. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Baie dinge en nog so deurmekaar. Jy kan net uit ‘n boks dink as daar ‘n boks is!
  30. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja.
  31. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? News24 aanlyn.
  32. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Soms neerdrukkend, maar meer opgewonde oor wat ons leer.
  33. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? So effe sonder te veel detail.
  34. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? VSA
  35. Hoekom? Hulle slaan die kitaar vir almal.
  36. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Ons leer, maar baie lewens word weer gespaar deur griep ea wat ook bekamp word.
  37. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Myself Zoom kon leer, rooiwyn medisyne opgaar!
  38. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Oefen, mediteeer.
  39. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja, buurman dokter. Ook af in die straat en drie in gesin van vyf. Dan ook ‘n ou oom en gewese buurman.
  40. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee