Anoniem 3

Mense wag

  1. Ouderdom: 78
  2. Beroep: afgetree/vryskutvertaler
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Panorama, Parow, Kaapstad
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Nee, man en 1 getroude kind, 2 kleinkinders (in hul twintigerjare).
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Die feit dat ek nie kan vryelik rondbeweeg nie.
  7. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Bietjie bekommerd.
  8. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Ingehok, soos in ‘n koshuis.
  9. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Klompie inkopies gedoen
  10. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Kon nie gaan gim of reataurante en malls besoek nie.
  11. Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om nie te kon kuier nie.
  12. Wat is vir jou positief tydens vlak 5? My geloof en my geliefdes. Veral die kinders in Australië, Nieu-Seeland en Londen wat nei kon ophou met preek nie!.
  13. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Hulle het elke dag getakel soos hy kom.
  14. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Spannend.
  15. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? My vryheid, my aquaërobiese oefeninge, my vriende.
  16. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Dit was bietjie verligting.
  17. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Die meer vryheid om rond te beweeg.  En die tuiningenieur kon kom red wat te redde is. En my char wat al 26 jaar 2 huise van my af bly, kon kom help …
  18. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Te min. Te laat.
  19. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ja
  20. Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ja
  21. Hoe het jy dit gedoen? Saam met my man op die vloer. En bietjie in die tuin gestap.
  22. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Argaïes. Onnadenkend. Geen senior burger met selfrespek oefen daardie tyd van die dag nie.  Alhoewel my hond dit geniet het want my seun het haar uitgeneem …
  23. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Darem bietjie ligter.
  24. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Meer beweegruimte.
  25. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Mag nie familie/vriende besoek nie en mag nie vlieg nie.  Tweede oudste kleinseun trou in Sept in Gauteng.
  26. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Redelik goed. Mens pas aan.
  27. Is jy finansieel erg geraak? Nee
  28. Wat is nou vir jou die moeilikste? Die feit dat ‘n mens nog steeds nie jou eie baas is nie.
  29. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Ek spaar geld want ek kan nie rondloop soos ek wil nie.
  30. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja
  31. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Radio, televisie, selfoon, rekenaar. Paar keer per dag.
  32. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Nie veel nie.
  33. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ja
  34. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Nieu-Seeland, Namibië, Kanada, Engeland en Australië.
  35. Hoekom? Het kinders en vriende daar.
  36. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Nie te erg nie. Die siekte moet sy gang gaan.
  37. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Niks
  38. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Alles.
  39. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja
  40. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee
  41. Stem jy in dat hierdie antwoorde van jou op die internet gepubliseer word? Ja