Ek is lid van ‘n leeskring met ‘n verskil. Ons funksioneer heeltemal informeel en daar word geen formele vergaderings met ‘n voorlegging oor ‘n spesifieke boek gedoen nie. (Kyk heel onder vir vanjaar se program.)
Ons is vyf mense met redelik verskillende leessmake. Ons vergader eenkeer per maand, maar heeltemal informeel. Ons werk wel die einde van die jaar ‘n program vir die volgende jaar uit. Ons doen egter meestal nie een spesifieke boek nie. Soms neem ons ‘n skrywer (meestal Afrikaans), soms ‘n onderwerp, soms bring elkeen bloot ‘n boek wat sy geniet het. Sodoende word ons elkeen met elke kuier aan ‘n verskeidenheid boeke blootgestel. Natuurlik ruil ons dan ook baie boeke onder mekaar uit. Met Karel Schoeman het ek byvoorbeeld van sy ouer boeke gelees en van die ander die lywige nuwes en kon ons lekker vergelyk daartussen. Enigiemand wat lus is, bring gewoonlik ook meer inligting oor die skrywer saam, dikwels van Litnet af.
Hier onder volg ons program vir die 2010:
28 Jan Poësie
25 Feb ’n Liefdesverhaal
Maart Die Woordfees Stellenbosch
29 Apr Karel Schoeman
27 Mei S.A.-kunstenaar
24 Jun Kookkuns
29 Julie Musiek
26 Aug Marlene van Niekerk
30 Sep Nuwe Afr. roman
28 Okt Ernest Hemingway
25 Nov Afsluiting & Beplanning
Ons program vir
Jan. Poësie
Feb. Nuwe Afr. roman
Maart Nobelpryswenner (Letterkunde)
April Besoek uitstalling?
Mei Enige beeldhouer
Junie Ian McEwan
Julie Klassieke musiek (biografie)
Aug. Elsa Joubert
Sept. Reisverhaal
Okt. Santa Gamka
Nov. Afsluiting
Sal graag meer wil weet.
Het uitgebrei onderaan die oorspronklike post. Vir ons werk die stelsel baie goed.
Groete.
Hi Mareli, Dit klink na ‘n interessante konsep. Is julle nog aan die gang en waar is julle?
Ek is al lankal op soek na ‘n oulike boekklub/leserskring om by aan te sluit. ek woon in Somerset-Wes. My naam is Jeanetta Steyn.
Hallo, Jeanetta! Ons is in die Paarl – ongelukkig ‘n bietjie ver vir jou. Die beste is om jou eie te begin – vra ‘n bietjie rond, dalk kry jy gouer as wat jy dink nog ‘n leser of twee wat nog altyd teruggedeins het van die meer formele leeskringe. Groete!
Goeiedag
Ek is nuut in die Paarl en wil graag by ‘n boekklub aansluit. Hoe gaan ek te werk?
Dankie
Adele
Ek e-pos jou.
Hi Marile
Baie dankie vir jou antwoord – ek gaan beslis kyk of ek so ‘n groepie byeen kan kry.
Groete en lekker lees!
Jeanetta
Ja, dis ís nogal `n leeskring met `n verskil en dit klink vir my lekker los en interessant. Oulik!