Salomé du Toit

  1. Ouderdom: 66
  2. Beroep: Boekhouer
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Paarl
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Eggenoot en 1 seun
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Om nie my kinders en kleinkinders te kan besoek of sien nie.

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Seker sou dit een of ander tyd kom.

Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Gedink 3 weke is darem nie te veel nie….nogal gedink “dalk kan ek agterstallige projekte klaar maak”

Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Normaal voortgegaan….net daardie week se inkopies gedoen.

Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Redelik soos voorheen…geen laat slaap..kos maak soos gewoonlik…bietjie meer tyd aan stokperdjie bestee.

Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Geen ‘‘koffie kuiers” , kleinkinders en kinders  moet  wegbly…byeenkomste wat met my stokperdjie(laslap) te doen het en natuurlik al die vriendinne wat daarmee gepaard gaan.

Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Meer tyd om rustig te wees en saam met huismense te spandeer en meer “stokperdjie tyd”.

Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Goed…..ons het n “talk” gehad voor inperking dat elkeen sy beste voet moet voorsit en tong in toom hou.

Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Negatief…wanner kry ons weer bietjie meer vryheid.

Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Dit het later n leefwyse geword…afgestomp.

Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Wat was die verskil van vlak 5 na vlak 4? Kan nie eers meer onthou nie.

Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Ek weet nie meer of daar iets was waaroor ek kon bly voel nie…..miskien om te kon stap…alhoewel ek baie winkel toe gestap het vanaf eerste dag van inperking.

Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Besoeke aan familie wat steeds “uit” was.

Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Nie gereeld nie.

Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Nogal meer gereeld geoefen as voor die inperking……het darem mense gesien en vinnge gesprekke gehad.

Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Ons is steeds maar soos esels/donkies wat die bakkiespomp moet draai mat klappe op die oë.

Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Geen blydskap….alles is maar soos dit was.

Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Met al die voorskrifte…..uiteet sonder wyn…ens NIKS  het rêrig verander nie

Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Dit het n leefwyse geword…..if you can’t beat them join them (…ek breek soms “uit”).

Is jy finansieel erg geraak? Ten spyte van die feit dat ons n eie besigheid het, is daar nog steeds genoeg werk (miskien omdat ons vir amper 3 jaar geen inkomste gehad het nie) Miskien geleer om met minder oor die weg te kom.

Wat is nou vir jou die moeilikste? Nog steeds die sosiale … besoek aan en van kinders en kleinkinders en net te kuier (al is dit net by die bure vir ‘n koppie koffie).

Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Soms is dit lekker om net by die huis te moet bly.

Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja

Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Internet…Media 24.

Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Dit kon “nader” en ek miskien meer versigtig.

Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ja

Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Swede, VSA, China

Hoekom? Swede het ‘n heel ander benadering en ek het n vriendin daar. VSA  so groot land(kan dit nie eintlik met ander lande vergelyk nie) China daar kom weer gevalle voor.

Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA  jou? Dis kommerwekkend, maar ek sien ook dat mense nie “voorskrifte” nakom nie.

Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Sonder dat ek “ervaring” van hierdie tydperk het, sou ek seker nie iets anders gedoen het nie. Met “ervaring” sou ek miskien meer wou “boekhou” oor die tydperk.

Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Om nog steeds  so normal as gewoonlik  te lewe…hoe lank het ek miskien nog om te lewe….behalwe vir Covid19 het ek  ook nie meer so baie “albasters” in my fles oor nie. Die lewe kan vir my (of enigiemand ander) gaan stilstaan nie …..ons moet maar die beste met ons ‘Tyd” maak.

Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja

Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee