Hilze-Marie Malherbe

 

Medies GOTGOuderdom: 44

Beroep: huisma

Huwelikstatus: getroud

Waar woon jy? Paarl

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Saam met my gesin, man, 2 pre-teens

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?
Die eerste kwartaal was baie besig. Het amper gevoel of tyd ons vooruit hardloop. Verlede jaar het ek klaargemaak met my chemo, die jaar was die eerste keer wat ons weer semi-normaal begin leef het, meeruitgekom en tussen mense. Kwarantyn het gevoel sooa bekende terrein omdat ons so lank in afsondering gwleef het agv my diagnose.  Dit was goed om pause te druk.

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?
Bang, onseker, ek het besef dat ek geen vorige ondervinding het van n pandemie nie. In daardie opsig het my diagnose my in n mate gehelp. Ek het begin doelbewus asem haal. Gefokus op dit wat ek kan beheer- ons het genoeg kos, veilige behuising. Ons het geleef een dag op n slag. Dit het vir ons gewerk. Baie gereflekteer, gereeld. Dit was ook nodig dat ek my emosies moes verstaan om my kinders te help wat angstig was.

Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?
Veilig, gerus. Ja het die erns van die saak besef, maar vir my was die besluit goed. Ek het toe al meer geweet van die virus en beaef dat dit sie beste manier is om die virua te vertraag, maar ook vir die gesondheidsveld om gereed te maak.

Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? By die huis, laaste skool take. Ek het op n stil oggend winkel toe gegaan en die noodsaaklike gaan koop, brood melk, vars groente vrugte. Ons het n koffie gaan drink by ons gunsteling plek saam met die kinders. Ek het uitgesien na kwarentyn.

Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Almal by die huis, moes nuwe planne maak oor hoe ons kerk gaan hou. Dit was woes. Moes aan nuwe maniere dink om met mense wat nood het kontak te maak. Baie beplanning en kreatiewe laterale denke. Maar ook baie saam tyd. Ons het elke ete saam geeet, het besef ona moes n nuwe ritme kry. Was amoer soos as ons kamp- nou net by die huis. Die eerste tyd het sooa vakansie gevoel in n mate. Ek het geweet dat ons nie net vir 3 weke ingeperk gaan wees nie- het wyd gelees. Ek moes die kinders se skoolwerk op n manier bestuur.

Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Nuwe planne vir n onseker tyd. Geen timeframe. En die fopnuus, mense se histerie. Mense wat met die witbrood onder die arm kla. Dit was vir my moeilik om te sien hoe my bruin en swart broera en susters swaarkry. In taxis moet ry en blootgestel is. My kinders se onsekerheid oor skool. Of hulle die jaar moet oordoen. Om te sien hoe hulle reageer op die verliese van die jaar( my gr 7 dogter wat so baie verloor in die jaar) te sien hoe my man moeg raak.

Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Die saam wees. Ons kon net op ons gesin fokus. Ons was in n bubble, geen invloede van buite. Ons kon ons kompas weer regkry. Ons het allerande mal goed gedoen. Speletjies geapeel, date aande gehou ens. Dit was lekker om so intens by my kinders ae lewe betrokke te wees. Baie gesprekke maar ook baie alleen tyd

Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Kinders was aanvanklik angstig, maar toe hulle sien ons is ok toe was hulle ook beter. Hulle het die nuwe ritme can skool geniet. ( het sy uitdagings gehad, maar hulle het goed aangepas), het later kontak begin mis van hul maats. My man baie hard gewerk, maar dit het tog ook nuwe energie losgemaak. Ons was eerlik met mekaar oor waar ons is op die spesifieke dag. Ons was gelukkig nooit almal saam ‘af’ nie.

Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Ek het dit verwag. Dit was vir my goed. Maar het tog die feit dat ons regtig in onseker tye leef beklemtoon. Moes baie direk my geestesgesondheid bestuur. Bewus leef.Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Vryheid. Om sommer net in die straat te stap , om sommer net winkel toe te gaan en noe dit te beplan as dit stiller is nie. Om my ma te sien.

Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Nie veel nie. Aanlyn skool het ons toe baie besig gehou. Man werk van huis af. Ons het n goeie ritme gehad en dag roetine. Ons het net 1 keer ‘n week winkel toe gegaan. Een van ons.

Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Oefentyd. Jy kon buite jou huis beweeg. Was goed om mense in die straat te sien. Het besef dat daar nog ‘lewe’ is buite ons huis. Dat skole nog nie begin het nie.

Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Mense se arrogansie/selfsug. Fopnuus. Mense om my wat leef asof daar nie n pandemie is nie – partytjies en braaie om ons.

Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?  Ja, gim

Het jy tydens vlak 5 geoefen? Bietjie, maar het baie goes rondom huis gedoen, huis geverf, tuin gemaak ens. So baie oefening ingekry

Hoe het jy dit gedoen? Gesin het saam oefenige gedoen, volleyball gespeel trappe geklim

Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Goed vir die siel. Die strate het gelewe. Dit was baie uplifting! Maar het ook besef dat ek mense aa n bedreiging sien. Het besef dat die virus enige plek kan wees.

Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?

Nie veel nie. Kinders het skool toe gegaan later in vlak 3. Kon na buurdorp ry om inkopies te doen by fabriekswinkel.

Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Bietjie meer vryheid.

Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Mense se houding. Ek verstaan die alkohol inperking. Dink dit sal vir mense beter wees om sigarette te hê.

Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? In 2 stryd oor mense se houding. Mense wat leef asof die virus hulle nie raak nie. Gaan goed met kinders in skool, dit maak my gerus. Gaan goed emosioneel, maar kan voel dat ek n wegbreek nodig het. Mis die see.

Is jy finansieel erg geraak? Nee maar familielede het werk verloor, geen salaris gekry of verminderde salaris.

Wat is nou vir jou die moeilikste? Mense se houding, se gedrag mense se naels wat uitkom- ek besef dis ‘n angsreaksie, maar raak moeiliker om posities te bly. Ek leef meer na binne.

Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Om gesond te wees is regtig n groot stuk genade. Om te fokus op dit wat jy kan beheer help. Om doelbewus asem te haal. My gesin is vir my kosbaar. Ek besef dat as dit net ek en my man was, sou dit baie anders gewees het. Om te sien hoe vinnig die aarde kan herstel. Om te sien hoe goed dit mense doen om net te rus.

Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Nie meer nie. Het vir die eerste 50 dae elke dag data versamel, grafieke getrek. Dit het my angstig gemaak.

Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Ek lees baie, mediese verslae en mensstories. Politiek maak my moeg. Kyk nie nuus nie. Lees nie koerant nie.

Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Dis nodig, want ek besef dat ek nog sukkel om te besef dat daar regtig ‘n virus is. Die virus het nog nie n gesig vir my nie. Nie familie of vriende wat dit het nie, net kennisse. Maar ek kies wat ek na luister.

Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ja, maar ek beperk dit.

Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel.   Nee

Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA  jou? Dis vir my erg, veral as ek dink dat ons gesondheidstelsel nie oral ewe goed is nie. Was voorbereid daarop, maar sit bly erg om die syfer te sien styg en te besef dat dit iemand se geliefde is.

Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Wol gaan koop! By die hardeware winkel omgaan.

Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Die saamwees koester.

Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja

Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee