Hierdie bladsy is op die oomblik onder konstruksie (lelike uitdrukking, maar hoe sê ‘n mens dit beter in Afrikaans?) – kyk voorlopig solank by http://altacloeteskrywersprofiel.wordpress.com/ vir meer oor my liefdesromans.
My eerste liefdesroman is getiteld Geur van Genade en dit verskyn (DV) in Junie 2010.
Geur is die verhaal van ‘n vrou wat platgeslaan was, hoofsaaklik agv haar eie verkeerde keuses, maar verantwoordelikheid vir haar eie lewe geneem het en ‘n omkeer kon maak. Dit sal onder my eie naam verskyn om dit te onderskei van die Romanzas, wat onder die skrywersnaam Marile Cloete uitgegee word. Hierdie storie het omtrent 15 jaar lank gebroei en gegroei tot in sy huidige vorm en die verskyning daarvan is vir my ‘n hoogtepunt.
Die liefdesroman verskil van die romanse in die opsig dat dit nie deel uitmaak van die Romanza-reeks nie en dat dit langer is. Daar is dus meer ruimte vir karakters om te onwikkel en meer geleentheid om hul agtergrond en issues te leer ken. Daar kan ‘n sekondere storielyn wees of meer inligting oor die karakters se beroepe en die omgewing waar hulle hul bevind.
Maar dit bly steeds in die eerste plek ‘n liefdesverhaal.