- Skuilnaam as jy dit verkies:
Left: Security guards stand at the entrance of a camp that houses homeless people in Standfontein, Cape Town, during the coronavirus lockdown. Right: Homeless people receive food at the camp. Many worry that overcrowding puts them at risk of catching the virus. - Ouderdom: 59
- Beroep: Retrenched en op soek na ander werk
- Huwelikstatus: Geskei
- Waar woon jy? Stellenbosch
- Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Ek deel ‘n huis met ‘n ander dame, wat ‘n kollega van my was by my vorige werk
- In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek sukkel om te aanvaar dat ek nie my familie kan sien wanneer ek wil nie, maar dis nie uniek nie.
- Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?
- Onseker oor wat die toekoms gaan inhou.
- Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5) afgekondig is? Verslae, bang, hartseer, geskok.
- Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Besluiteloos of ek Oos-Kaap toe moet reis na my kinders toe. Het uiteindelik daarteen besluit, maar dit was ‘n bitter moeilike besluit.
- Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Ek het uiteindelik ingeperk gebly by my suster se huis en ons het toegang tot internet gehad, so ek was redelik okay. Ek was veilig en ons kon steeds saam winkel toe gaan en mekaar moed inpraat. Alleen sou ek dit nie kon doen nie.
- Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om te weet ek kan nie net in my motor klim en na my kinders toe gaan nie. Niks anders was regtig moeilik nie.
- Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Baie tyd saam met my sus spandeer en dit was ‘n nuwe ervaring. Ons het saans begin huisgodsdiens hou en dit het baie vir my beteken.
- Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Baie goed. My sus en haar man het steeds bly werk, maar hulle bly in ‘n golf estate en dis redelik veilig hier en beskermd.
- Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Ek het geweet dit gaan kom, so was nie ‘n skok nie.
- Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Om na ‘n restaurant toe te gaan en net daar te sit en ‘n koffie te drink of ietsie te eet.
- Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Nie veel nie, behalwe vir meer vryheid.
- Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Vir verder vryheid van beweging
- Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Oor die regering se sinnelose reëls wat niks met bekamping van virus te doen gehad het nie.
- Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ja
- Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ja.
- Hoe het jy dit gedoen? Ek en my suster het elke dag 3 km geloop binne die huis omgewing.
- Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Belaglike tye.
- Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Was net bly oor mense wat weer kon werk. Ekself is nie vreeslik geraak nie.
- Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Dat ek ‘n manier kon vind om oor die provinsiale grens te reis na my kleinkind toe.
- Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Dat nie meer besighede veilig toegelaat is om oop te maak nie
- Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Dit wissel tussen moedeloos, positief en kwaad vir die regering wat weereens aanjaag.
- Is jy finansieel erg geraak? Ja en nee. My aflegging was ek te wagte en ek het goed daarvan af gekom. Maar my planne vir werk soek en inkomste genereer, is erg in die wiele gery. Maar intussen het ek ander planne begin maak en ek is nog bevoorreg.
- Wat is nou vir jou die moeilikste? Dat die toekoms steeds onseker is.
- Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Dat dit my nader aan God gebring het
- Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Baie beslis
- Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Nuus. Elke dag
- Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Maak my depressief
- Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? In ‘n mindere mate
- Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Nie regtig nie
- Hoekom? Die hele wêreld is tans belangrik
- Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Maak my bekommerd oor my eie familie en vriende.
- Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Niks nie
- Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Alles
- Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja
- Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee