Naam: Carel Muller
Skuilnaam as jy dit verkies: –
Ouderdom: 69
Beroep: Afgetree Melkbeesnavorser
Huwelikstatus: Getroud
Waar woon jy? Somerset-Wes
Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Met die vrou
In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Mis rondry en besoek van familie en vriende.
Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Het gewonder hoe dit sou werk, dus: seker onseker? Om in die tuin te moes draf was ‘n pyn, maar later daaraan gewoond geraak, met die eerste oop maak, het ek eintlik die stilte van die tuin gemis. As getredene hoef ek nie na ‘n werksplek te gaan nie, ek was reeds gewoond om by die huis te werk.
Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Onseker, maar redelik gelate aanvaaar, kon die noodsaaklikheid daarvan insien.
Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Soos gewoonlik, ek het net die laaste middag P&P besoek om die gevoel van die oomblik te ervaar, ook om wynvoorrade aan te vul. Die winkel was baie besig, mense nogal geduldig met hul maskers op. Die min (wyn)voorrade was nogal skrikwekkend, ek moes maar vat wat beskikbaar was. Het besef die winkelrakke kán leeg raak sodat die winkel soos ‘n Zim supermark lyk.
Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Nee, nie veel nie, het net my daaglikse stap of run gemis.
Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om vryelik uit te kon gaan, ook die gevoel toe ek die eerste keer uit die huis gaan dat ek die regulasie oortree, maar na 3 weke moes ek net P&P besoek om iets te gaan koop al was dit sommer net vir die koop en nie-noodsaaklike items.. (In die fliek Josey Wales stuur hy ‘n ou Indiaan om by ‘n tradestore te kan kyk wat nuus is, terug by die kamp vra Josey hom: “and what did you buy”. Just a piece of hard rock candy, not to eat, just to look through”). My aankope het ook so gevoel, sommer ‘n blikkie vis, dalk stop ‘n polisieman my en wil weet wat ek gekoop het, dit het effens surreal gevoel. Nooit ‘n polisieman gesien nie.
Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Die stilte van die strate
Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Net ek en die vrou, was OK, geen probleem, ons kan besig bly, eintlik het ek hard gewerk.
Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Redelik pynlik, het net gehoop die staat kry sy dinge in plek
Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Om uit te kon gaan en vryelik rond te beweeg.
Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Verligting, kon makliker uitgaan.
Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Ja
Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Die absurde beperking om net tot 9 uur uit kon gaan, die strate was vol mense, fietse, honde en skaatsplanke.
Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ja
Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ja, in die tuin
Hoe het jy dit gedoen? ‘n Sirkelroete om die bome
Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Beter as om in die tuin te draf, die skares was minder goed.
Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Baie beter, kon nou weer redelik vryelik uitgaan en verder gaan draf.
Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?
Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Die beperking op die ure vir wynverkope
Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Begin nou ernstig mense mis
Is jy finansieel erg geraak? Nee, glad nie. Die inperking is OK vir afgetredenes, geen werktoe gaan, maar kry nog ‘n inkomste.
Wat is nou vir jou die moeilikste? Om nie by familie te kan kuier nie, ook om rond te ry.
Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Ek sou seker nou ‘n ligte vorm van huisarres kon deurstaan, indien nodig.
Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Net wat op die nuus is, dit is nogal hartseer om te sien hoe sommige mense sukkel om ‘n vorm van lewe te handhaaf.
Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Net TVV-nuus en die daaglikse koerant
Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Nogal uitputtend om te sien dat toestande nie verbeter nie,
Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Kyk hoofsaaklik CNN, hulle berig breedvoerig oor die situasie in die VSA.
Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Net wat op CNN gewys word.
Hoekom? Dit raak te uitputtend om te sien hoe mense in ander lande ook vaskeer word, het op ‘n stadium die sterftekoers in die VSA uitgewerk as ‘n persentasie van die totale sterfesyfer, maar doen dit nie meer nie, dit maak ‘n mens net neerslagtig.
Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Neerslagtig
Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Vroeër gaan wyn koop het, ek moes my voorraad voor die oopmaak van verkope rantsoeneer (ha-ha).
Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?
Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Nee
Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee