Vinnig en maklik vir die laaste stuiptrekkings van die winter:
100ml sago
1 liter melk
30ml botter/margarien (of sommer net ‘n stukkie)
2 eiers (ek maak dit soms 3)
75ml volkoringmeel (2e opgehoop)
20ml vlapoeier (1e nie opgehoop)
2ml sout (knippie of twee)
125ml water
Kaneelsuiker
- Voeg sago by 250ml melk in ‘n diep bak.
- Mikrogolf 2,5min oop by 100% krag.
- Roer goed en laat staan ‘n klein rukkie.
- Voeg orige 750ml melk en margarien by.
- Mikrogolf vir 15min oop by 100% krag en roer na elke 5min.
- Skei eiers en klits eiergele, meel, vlapoeier, sout en water saam tot gemeng. (Ek skei nie die eiers nie.)
- Roer by sagomengsel.
- Mikrogolf 6min oop by 100% krag en roer na eerste 3min goed.
- Klits eierwitte tot styf en vou liggies by mengsel in. (Ek doen dit nie!)
- Eet met kaneelsuiker.
Het actually nogals lanklaas melkkos gemaak – dit voel ietwat te ongesond vir my deesdae… Moet nog iewers try om dit met Hemp meel te maak. Dalk kan ek myself dan oortuig dit is baie gesond 😉
Daar’s darem regtig min ongesond in hierdie resep – behalwe nou vir die ton suiker wat ons gewoonlik bo-oor gooi! Jy kan bv. die margarien maar uitlos, maar moet dan net oppas – dit kook oor!
Sure, solank mens nie oorboord gaan met die suiker nie is dit nie ongesond nie. Die probleem is net dat dit ook nie juis gesond is nie. Ek is nou so ietwat obsessed met nutrient density en melkkos is ongelukkig nie baie ryk aan nutrients nie. Dis hoekom ek ‘n paar ander goed wil bygooi om die nutritional value op te stoot.
Daai obsessed stem my so effens onrustig.
Vinnigste en lekkerste melkkos resep wat ek nog ooit gemaak het. Gaan defnitief net dit gebruik in die toekoms. 🙂
Dis vandag hoeka so ‘n lekker winterdag in die Boland …
Absolutely delicious! My 7 year old didn’t like it, so I ate the whole lot myself 🙂
If you do it often enough, she might learn to like it, too! 🙂
Ter wille van Schalk se “nutrient density” — voeg net voor opdien ‘n gelykvol teelepel (5 ml) moringablaarpoeier by. Vervang die suiker met ‘n halfteelepel xylitol per porsie (ek verkies Succi produk) met fyn pypkaneel gemeng … Voila! Dink lateraal 😁 👊