Rou butternut? Ek wou dit ook nie glo nie – en dis die enigste rede hoekom ek hierdie weird reseppie (op Tjailatyd op rsg gehoor) probeer het. En natuurlik omdat dit weinig meer vaardighede vereis as dat jy die rou botterskorsie moet kan skil en rasper en ‘n blikkie en ‘n pakkie moet kan oopmaak.
Die resultaat was vir my ‘n aangename verrassing. Ek sal dit nou nie vir die koningin voorsit nie, maar vir so min moeite is dit ‘n welkome verandering by die braai. (Wie weet, dalk gebruik die koningin dit elke Vrydagaand as hulle braai!)
-
BESTANDDELE
Rou Botterskorsie (geskil, ontpit en fyn gerasper)
1 blikkie fyn pynappel met sous
1 pakkie perskejellie (ja, ‘n mens kry perskejellie!)
METODE
Plaas gerasperde skorsie so rou in ‘n vlak glasbak.
Gooi die pynappelsous en -stukkies oor die botterskorsie.
Strooi die jellie oor. (Moenie aanmaak nie!)
Plaas oornag in yskas.
Meng deur met vurk voor opdiening as slaai.