Geur van vervulling

So kom alle dinge tot ‘n einde – die laaste boek in die Geur-trilogie is vandeesmaand op die rak. (Maar elke einde impliseer natuurlik weer ‘n nuwe begin …)
Toe die eerste Geur-boek se eerste weergawe ‘n stuk of vyftien jaar gelede gebore is, het ek werklik nie kon droom ek sal eendag hier kan sit en hierdie woorde tik nie. Dit was ‘n opdraande stryd, maar ‘n stryd wat ‘n geweldige groeiproses was – en ook baie heerlike oomblikke opgelewer het.
Tussen toe en nou was daar ook omtrent agt jaar in die onderwys, toe ek glad nie geskryf kon kry nie. Terugskouend wonder ek soms (dikwels!?) of dit verlore jare was. Maar ek weet eintlik die antwoord is nee, want ek het gelewe en ervaar en geleer in daardie jare. Nee, alles was nie lekker nie – maar alles was verseker waardevol.

Hierdie boek kom dus aan al my lesers en almal wat vir my lief is as ‘n simbool van wat kan gebeur as ‘n mens dit waag om te droom – en die moed kry om te DOEN ook. Met die hoop dat die positiewe aard van my stories dalk êrens iemand ook kan inspireer om ‘n droom na te jaag of ‘n situasie te verander of sommer net voluit te leef.

Mag Vivien se geesdrif vir die lewe vir ons almal ‘n voorbeeld wees … die meeste van almal vir my! (En mag ons almal leer uit haar foute).

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s