Sop-sonder-resep

Hier is my resep vir vandag se variasie van voedsame en vullende sop wat nie regtig ‘n resep het nie. Dit maak genoeg vir minstens vier honger mense. Hoe dik dit is, hang af van hoe groot jou pot is.

Drie groot hoenderborse met been en vel en al. Enige ander geurige vleis werk ook.

Een of twee uie, afhangende of jy lief is vir ui

1k sopmengsel (daai goedkoop sakkies met koringkorrels, ertjies en lensies in)

Laat week die sopmengsel minstens ‘n uur – oornag werk ook.

As jy lus is of tyd het, braai hoender en ui ‘n bietjie in olyf- of sonneblomolie.

Braai bietjie kerrie en borrie en paar lourierblare daarby.

Vul pot met kookwater en laat kook rustig tot vleis en graan sag is. O ja, voeg blokkie hoenderekstrak by. Of twee.

Maak vleis stukkend en haal bene uit as jy wil (of as jy die sop gaan versap)

Voeg dan by waarvoor jy lus is – vandag s’n was:

1 blikkie tamatiesmoor (Mexican)

Pakkie voorafgekapte sopgroente van Checkers (vandag was dit butternut, patat en kruie).

Verdik met ryk wit uiesop as jy wil.

Voeg nog sout by as jy dink dis regtig nodig. Peper ook as jy nie Mexikaanse brandmengsel gebruik het nie.

Versap of hou netso as jy wil.

As jy wil uithang, braai nou ‘n bietjie (of baie) spek en sampioene en voeg heel laaste by. (As jou mense nie van versapte sop – dit klink snaaks – hou nie, help hierdie byvoeging na versapping om hulle te bluf.) Vandag was my pot te klein daarvoor! En die uitsoekeriges nie almal hier nie.

Eet met enige brood waarvan jy hou. En sjerrie of rooiwyn. (Rooiwyn pas nie by hoender nie? Wie gee om? :))

Een gedagte oor “Sop-sonder-resep

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s