RSS

Eksamens!

Ja, baie het van 1982 af verander. Die wêreld het verander, ons land het byna onherkenbaar verander. Ekself het verander (in sommige opsigte ook amper onherkenbaar).

Vandag kan jy ‘n hele kursus oor die internet voltooi sonder om ooit jou dosente te sien, direk met hulle te praat of naby ‘n poskantoor te kom. Ook sonder om ooit ‘n enkele mede-student te ontmoet, sou jy dit so verkies. Dus geen akademiese wrakkies wat  jou vertel hoe min hulle geswot het terwyl almal weet hulle swot dag en nag en kry nooit onder 95% vir enigiets nie. Maar ook niemand om middernagtelike koffie mee te drink om wakker te bly – of wortels te knaag solank jy swot om maer te bly nie. Niemand wat groepshisterie voor die eksamen aanhits met naarstigtelike laaste pogings om nog ‘n ietsie in die kop te dwing nie. Niemand wat agterna angstig vra wat het almal hierop of daarop geantwoord nie.

Dis verrassend hoe die ou patrone na ‘n mens toe terugkom. Begin jy van ‘n kant af of doen jy eers die vrae wat jy maklik kan beantwoord? Verdeel jy jou tyd mooi sistematies volgens die punte wat elke vraag tel – of begin jy van ‘n kant af en foeter eenvoudig voort? Gee jy meer as wat die vraag vereis vir ingeval jou antwoord verkeerd is? Gorrel jy? Indien wel, hoeveel? Tel jy hoeveel punte jy uitgelaat het? Probeer jy naastenby bereken hoe jy gevaar het? Vergelyk jy agterna jou antwoorde met dié van jou maats? Tob jy na dae nog oor die vraestel of kry jy dit reg om daarvan te vergeet en dadelik op die volgende een te konsentreer?

My gevolgtrekking: Ons kan maar ophou om vinger te wys na studente wat ligsinnig is en te veel jol en nog allerhande ander dinge – dis dalk alles net maniere om te oorleef! Gee jy my nou die kans om in ‘n koshuis vol pelle te bly, geen verantwoordelikheid te hê behalwe om my kursus deur te kom nie, talle en talle wonderlike bedrywighede te hê om aan deel te neem, die heerlikste koffiewinkels vir bedags en kuierplekke vir snags, massas sakgeld, Jool en Sangfees en Intervarsity en wat nog alles, Facebook en Mxit om mee te netwerk – sê ek hartlik nee dankie.

Dit alles sal ek dapper verbeur vir die voorreg om nooit ooit weer in my lewe ‘n eksamen van enige aard hoef af te lê nie!

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: