Christelle

Christelle BothaBeroep: Tuisblyma, dws Manager of All

Huwelikstatus: Getroud

Waar woon jy? George

Alleen? Wie saam met jou? Man en twee seuns

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Eintlik glad nie. Ons huis, tuin en uitsig is groot genoeg, en ons was nie in krisis nie,

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ons het dit verwag. Ons het ook Ierland dopgehou en min of meer geweet wat kom.

Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Ons was voorbereid, hetgenoeg aankope vooraf gedoen en geweet dat die skool ook voorbereid iwas vir ten minste ses weke. Ons is gelukkig om nie ingehok te voel nie, want ons kyk uit op ’n groen area en ons huis is groot genoeg sodat ons nie op mekaar se tone trap nie.

Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Laaste aankope van ekstra vars produkte wat ons sou nodig hê, verder was ons eintlik rustig.

Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Nie te erg. Twee weke daarvan was “skoolvakansie” en vir die eerste maal in jare het ons nie kuiergaste gehad nie:-(  Almal het dit benut as ’n RUStyd. Ek hanteer in elk geval self die wasmasjien en skottelgoedwasser, so dit was nie ekstra werk nie. Ons het Vlak 5 letterlik op die stoep deurgebring,

Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om nie te kon uitgaan om bv fiets te ry na die dam nie, of ver te hardloop (my man).

Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Ons kon letterlik RUS en ons lewe kleiner trek.

Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Almal was rustig.

Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Pfff…het dit verwag.

Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Om te kon uitgaan strand toe, dam toe, buite en ver te oefen.

Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Ons het dit geniet om ver te gaan stap en weer te kon fietsry. Die tye het ons nie gepla nie, want ons is in elk geval oggendmense wat vroeg op en uit is. My man kon ook weer werk toe ry (Gauteng).

Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Sien bo.

Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Die sinnelose regulasies wat bv stap op strand of in parke verbied.

Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ja.

Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ja, ons het ’n rondtebaan in die tuin uitgelê. Ek het 3-5 km gestap of gedraf, my man het tussen 10-21 km gedraf. Ons het ook CrossFit-gebaseerde oefening gedoen.

Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Dit was heerlik om buite te kom en soveel meer mense op straat te kry. Dit skep ’n baie veilig omgewing.

Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Lewe amper terug normaal. Skool het weer begin, my man ry steeds Gauteng toe en kon reeds een maal vlieg via CT.

Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Meer normaliteit i.t.v. van mense wat kan werk, ek kon weer Pilatesklas toe gaan.

Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Steeds sinnelose regulasies. En mense wat die verligting van die inperking uitbuit en hulself te buite gaan.

Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Sekerlik okei. Ek het op ’n stadium kontak begin mis, hoewel my vriendekring klein en spesifiek is. Maar ons reël om maats te ontmoet tydens stappe by die dam, dan kan die kinders en ma’s kuier.

Is jy finansieel erg geraak? Nee, dank Vader.

Wat is nou vir jou die moeilikste? Ons die huis stofvry te hou! Ons het goed gedoen tot nou, bietjie lui die laaste maand.

Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Mens kan met baie minder regkom, mens kan jou reaksie op wat ookal om jou gebeur, eintlik goed bestuur. MAAR dit is ook maklik gesê want ons beleef nie ’n krisis nie.

Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? So een keer ’n week.

Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Worldometer en enkele berigte in die Burger.

Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Nie veel. Soms bekommerd, maar kyk dan net na statistiek, en voel weer beter.

Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ja.

Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Ierland

Hoekom? My sus woon daar.

Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Ek kyk uit ’n wetenskaplike oogpunt na die stastiek, in ag genome dat die syfers wel dubbeld kan wees, en ondergerapporteer kan wees en vergelyk dit met tipies Suid-Afrikaanse statistieke van ander risikos.

Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Beter roetine met my seuns, en beter roetine na vlak 4 met my eie oefening tuis. ’n Vloerwasmasjien koop voor inperking.

Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Weer rustig wees oor alles.

Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? ’n Vriendin se gewese man was baie siek in London, en het herstel na hy geventileer moes word. “n Pta-vriendin en haar gesin is siek en tans op herstelpad, asook my niggie, ’n dokter by ’n staatshospitaal.

Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee