Ons mooiste taal …

Laggesiggie1. HUWELIKSERTIFIKAAT: ‘n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk.

2. KREDIETKAART: Iets waarvan die limiet ook die mikpunt is.

3. VLEISBRAAI: ‘n Partytjie waar die kos so ‘n bietjie rou en die gaste so ‘n bietjie gaar is.

4. BABA: ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.

5. BABAWAENTJIE: Verlede jaar se pret op wiele.

6. BEGROTING: Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee.

7. DIEET: ‘n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.

8. ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer ‘n kind nie wil eet nie.

9. GESINSVAKANSIE: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.

10. GEWETE: Iets wat pla as alles baie lekker gaan.

11. KORTPAD: ‘n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie.

12. UNIVERSITEITSGRAAD: Kwitansie wat ‘n kind ontvang vir die rekening wat pa betaal het.

13 MIDDELJARE: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.

14. PREDIKANT: Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar.

3 gedagtes oor “Ons mooiste taal …

Lewer kommentaar