Sy mooiste woorde

My negende romanse het in Julie 2011 op die rakke verskyn as deel van Lapa Uitgewers se Romanza-reeks, soos sy (haar?) voorgangers. Soos in elke goeie romanse is dit die liefdesverhaal van twee uitsonderlike mense wat op die oog af nie veel in gemeen het nie. Behalwe die universele behoefte aan ‘n significant other, natuurlik. Soos by elke romanse moet die leser onthou die doel daarvan is bloot dit – om die liefdesverhaal van twee (mooi en goeie) mense te vertel. Nie om enige ernstige kwessies aan te spreek, skandale te ontketen of tonge aan die gons te sit nie. Romanses is bedoel om die leser vir ‘n paar uur van die narighede van die werklikheid te laat vergeet en haar (en vir hom ook!) weer in die liefde te laat glo. In teenstelling met wat soms geglo word, skep romanses ook nie die valse indruk dat alles vorentoe volmaak gaan wees wanneer die tweetjies in mekaar se arms geval het nie. Die skrywer (en die lesers!) van ‘n goeie romanse het vrede met wat ná die slot gebeur – ons weet almal (ja, vandag se kinders weet dit ook van heel vroeg af) dat geen huwelik net maneskyn en rosegeur is nie. Die genot van ‘n romanse lê juis daarin om die held en heldin te help om bymekaar uit te kom en te commit – daarna is dit hulle eie saak wat hulle van die geleentheid maak!
Of dit my laaste gaan wees, sal die tyd moet leer. Ek het op die harde manier geleer genres beïnvloed mekaar subtiel en dis glad nie so maklik om tussen bv. kortverhaal, romanse en liefdesroman te wissel nie. Daarom het ek ook die grootste bewondering vir mense soos o.a. Riana Scheepers en Marita van der Vyver wat al wonderlike werk in verskeie genres gedoen het.
Die tyd sal dus moet leer … Intussen kan jy solank voorraad hou by die naaste CNA, Bargain Books of Exclusive aanklop vir ‘n kopie van Sy mooiste woorde. En as hulle nie ‘n kopie het nie – vra hulle asseblief om dit te bestel!
En ja, Bruce Springsteen was my inspirasie vir die mooie held. Die paar ingeslote lirieke is goedgunstiglik deur my oudste aan sy ma geleen. Maar nee, daar is geen spoor van myself in die heldin nie. Altans nie sover ek weet nie … 🙂

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s