- Ouderdom: 46
- Beroep: Handelsmerkbestuurder
- Huwelikstatus: Geskei
- Waar woon jy? Klapmuts
- Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Alleen
- In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek woon alleen, ander mense het interaksie met hulle gades of gesin, om elke dag alleen negt met jou eie gesleskap en gedagtes te wees is uitdagend,
- Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?
Gespanne, Ek was 2 weke voor lockdown reeds tuiswerkend, ek was siek voor dit en die maatskappy het gevoel ek moet eerder tuis wees as blootgestel. Dit was onsekere tyd, ek was baie bang, elke aand sleg geslaap.
- Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?
Veiliger, gevoel ons is almal nou saam in dit, verantwoordelik en bewus. Ek is gewoond aan alleen tuis wees, so dit was maklike transformasie vir my
- Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?
Tuiswerkend, (sien vraag 9). Ek het wel seker gemaak ek het genoeg voorrade t.o.v. kos en skoonmaakmiddels ens gekry.
- Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?
Nie vreeslik baie nie, ek is tiperend kluisenaar, was vir my soos verlenge naweek. Eintlik het ek minder skuldig gevoel dat ek net tuis wil wees, nie nodig gehad om verskonings uit te dink om nie mense te sien nie. - Wat was die moeilikste tydens vlak 5?
Wynverkope! Ek het alles eintlik regtig maklik ervaar. Ek lei aan bipolêre gemoesdversteuring, so ek moes baie streng roetines uitwerk om te kyk na myslef – genoeg slaap, oefen (aanvanklik binneshuis met online programme, daarna buite), stress hantering, medikasie gereeld neem en uitkyk vir enige tekens van ‘n episode. - Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Hoe almal uitgereik het na mekaar vir kommunikasie, ondersteuning. Duidelik het geword hoe belngrik familie en vriende is, en hoe onbelangrike materiële dinge is.
- Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?
NVT
- Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Net aangegaan soos gewoon. Ons besigheid is in landbou, dus het ons deurentyd gewerk,
- Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Slaap! Vreeslike nagmerries gehad, stress het gemaak dat ek nie kon slaap nie, moes medikasie kry. 2 ekg’s ook gehad agv stress.
- Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Ek kon begin rondry met ons werk se permitte, dit was aanvanklik angswekkend, maar gou het dit my meer normaal en ontspanne laat voel. Life goes on!
- Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Nie veel verskil gemaak aan my nie
- Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Wyn en sigarette – word soos stout kinders hanteer. En ek rook nie eens nie, maar dat jou eie keuse ontneem word is meer as inperking, dit is diktatorskap en ons demokrasie is in die spervuur
- Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ja!
- Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ja, online klasse, en toe in estate begin stap toe ons kon
- Hoe het jy dit gedoen? Sien bo
- Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Koud! Was te vroeg – Kaap was toe nog donker, het net uur kon stap soggens. Belaglik – moes dit smiddae ook gemaak het
- Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Kon wyn koop…!
- Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Selfde as bo!
- Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Dat die regering se absolute mislukkings van 26 jaar in die kollig was tov publieke vervoer, gesondheidsorg, onderrig, en meer.
- Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?
Heel goed, verbaas myself, het gedink ek gaan baie sukkel. Ek het 2/3 bipolêre episodes gehad maar het baie meer verwag.
- Is jy finansieel erg geraak? Glad nie
- Wat is nou vir jou die moeilikste? Om te weet wanneer, nie of nie, ek dit gaan kry… en hoe dit gaan wees. Of ek weer my familie gaan kan sien ooit.
- Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? In ‘n weird manier is ons geweldig bevoorreg om deur so ‘n groot historiese gebeurtenis te leef – soos mens wat deur die Swart Dood geleef het. Hierdie gaan in geskiedenis opgeneem word, en mense gaan wonder hoe ons gelewe het, wat ons gedink en gevoel het – alles hang af van hoe ons dit benader.
- Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Absoluut, lees elke dag berigte. Volg ‘n geslote groep internasionale wetenskaplikes en medici wat daagliks inligting uitruil. Baie snaakse virus, interessante tye
- Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? RSG, FB, BBC, CNN, SKY, News24, NetNuus, Corona Updates, ens
- Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Uitputtend, Ek lees net waar ek die betrokke dag waarde vind, anders ‘scan’ ek net opskrifte. Mense is voos vir skermtyd en oorlading van informasie.
- Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Absoluut ja. Ons leer daaruit
- Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? EU, USA, Suid Amerika
- Hoekom? Grootste getalle, meeste data. Suid Amerika is meer soos ons land se samestelling en situasie.
- Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Angstig
- Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Ek sou graag iemand saam met my wou hê, dit raak baie alleen. Minder stress eating doen!
- Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Na myself kyk, weet wat my trigger simptome is, omsien na my emosionele welstand
- Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? ja
- Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? nee