The tourist

Die een resensent sê die ongelooflike chemistry tussen Angelina Jolie en Johnny Depp maak die fliek iets besonders – die volgende sê daar is absoluut geen chemistry nie … Wel, dan maar liewer ‘n paar diep gedagtes van my kant af:
Jolie het regtig ‘n paar ongelooflike lippe. En ek bedoel dit nie heeltemal as ‘n kompliment nie.
Depp lyk beter in seerowerklere as in flenniepajamas. Maar met sy vermoë om kaalvoet en deur die slaap oor die rooi teëldakke van Venisië te hardloop, skort daar niks.
Ek het nog min vroue met sulke hoë hakke so bestudeerd sien stap deur soveel Europese strate … of so koeltjies met motorbote deur Venesië se kanale sien jaag. Tussen koeëls en misverstande en die polisie én die skurke deur.
En Venesië is onbeskryflik mooi. Maak nie saak of dit oggend of aand of dagbreek of sononder is nie, maak nie saak wie van die held en heldin, die polisie of die skurke mekaar  op daardie stadium met motorbote rondjaag of vir mekaar snipers op dakke opstel nie.
Ten slotte: Ek hou nie van moord nie. Nie as ek dit verwag nie en ook nie as dit sommer so terloops midde-in ‘n redelik bloedlose storie gepleeg word en niemand trek eintlik ‘n spiertjie nie. (Toegegee, die ander skurke sou ook die ewigheid in gewees het as hulle daai spiertjie getrek het!)
Lees gerus hier vir meer objektiewe menings: http://www.imdb.com/title/tt1243957/

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s