Die gehate verslag

September 16, 2010 at 7:23 nm (Boeke, Inspirasie, Lees, Liefdesverhale, Skryf, Skryfwerk, Skrywers) · Wysig
Tags: , , , , , , ,

Natuurlik moet kenners na ‘n skrywer se werk kyk voor dit gepubliseer word. Krities daarna kyk. Dis eintlik ‘n groot voorreg om iemand te he wat tyd en aandag aan jou pogings bestee, veral as jy nog totaal onbekend is.
Maar ai, dis nie lekker om daardie kritiek te ontvang nie. ‘n Mens se woorde is vir jou heilig (veral aan die begin van jou loopbaan), hulle kom uit die heel diepste dieptes van jou binnekant.  Hoe durf iemand hulle dan kritiseer? Hoe durf iemand jou vertel hulle is verkeerd ingespan, feitelik foutief, vervelig, herhalend, onoorspronklik? Hoe durf iemand van jou verwag om selfs sommige van hulle uit te vee? To kill your darlings?
Jy lees die verslag deur en jy gaan die fases van verdriet binne: ontkenning, woede … die hele pynlike pad tot by aanvaarding. Daarby kom jy gewoonlik eers uit wanneer jy klaar geworstel het deur al die aanbevelings en besef jy het beslis jou manuskrip verbeter.
Ek het besluit dit gaan maar oor ego. Of dalk juis die gebrek daaraan. Hoe onsekerder ‘n mens van jouself is, hoe moeiliker is dit seker om kritiek te aanvaar. Aan die ander kant kan ‘n skrywer seker ‘n onrealisties hoe dunk van sy eie werk he – maar ek ken nie so iemand nie.
Dit gaan ook daaroor om jou werk van jouself as persoon te kan skei. Netsoos ons weet ‘n ouer keur die kind se verkeerde dade af, maar bly lief vir die kind. Die keurder/redakteur gee aanbevelings oor jou werk – hy keur jou as persoon nie af nie.
Al hierdie dinge besef jy op die vreugdevolle oomblik wanneer jy ‘n verslag afgehandel het en daardie manuskrip gereed is om finaal weg te stuur. Maar volgende keer het jy dit alles weer vergeet. En die stryd begin van vooraf …

Lewer Kommentaar

5 gedagtes oor “Die gehate verslag

  1. Hopelik word my manuskrip wel kommentaar op gelewer en word dit nie slegs afgekeur SONDERdie “gehate verslag” nie. Wat doen ‘n mens vir 4 maande ?? eet naels, kou polse af, skop die kat en byt die hond?
    Ek kan nie weer begin skryf voor ek nie ‘n aanduiding het of ek totaal van die bus af geval het nie.(Dit voel vir my soos ‘n “manlike swangerskap”)
    Groetnis

  2. Wikus, jy laat my opnuut besef dat dit eintlik ‘n voorreg is om daai verslag te ontvang!
    Richard Acland het gese: “Publication is the male equivalent of childbirth.” Jou gevoel is dus in die kol.
    Ten spyte van die baie verstaanbare rede waarom jy nie solank met nog ‘n storie wil begin nie, moet ek steeds vir jou se: Begin solank met nog ‘n storie! Dit bly die heel beste manier om die tyd om te kry. Dalk wil jy intussen iets heel anders probeer, maar bly net aan die SKRYF. En tussenin: LEES, LEES, LEES!

  3. Marile, ek ken ongelukkig nie Richard Acland nie – maar dit klink of ek en hy langs die selfde vuur kan sit.
    Dankie vir jou antwoord en raad.
    Groetnis

  4. Ek het hom gaan Google en agtergekom hy was ‘n Britse politikus met ‘n hele paar publikasies van nie-fiksie boeke agter sy naam (lyk na sosiologiese/politieke boeke). As iemand wat nie-fiksie skryf, publikasie as so ‘n intense vreugde beskou, geld dit sekerlik nog meer vir ons wat met mense se emosies werk.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s