Beveg depressie – en wen (3): Depressie by tieners

Die gedagtes wat my die meeste tref in hierdie artikel, is die volgende:

  1. Depressie by tieners is geweldig aan die styg.
  2. Selfmoord styg daarmee saam.
  3. Depressiewe tieners voel hulle is nie mooi, ryk of beroemd genoeg nie.
  4. Hulle bou dus hul selfbeeld tot ‘n groot mate op die beeld wat die media van ‘n ideale lewe gee.
  5. Hulle het nie die insig om te weet dit is eintlik wat jy is en wat jy doen, wat saakmaak nie. (En word klaarblyklik nie toegerus om dit te hê nie.)
  6. Hierdie verskynsels het te doen met veranderinge in ons samelewing,  waar dinge soos vriendskap, gesonde doelwitte, verantwoordelikheid en sterk gesinsbande nie altyd bevorder word nie.
  7. Anti-depressante word op groot skaal aan tieners voorgeskryf, terwyl die meeste navorsing i.v.m. medikasie vir depressie op volwassenes gedoen word.
  8. Tieners se breinontwikkeling is nog nie voltooi nie en die implikasies van anti-depressante hiervoor word nie altyd in ag geneem nie.

Oor die algemeen ‘n ontstellende stuk – tot ‘n mens besef hoe belangrik dit dus is om alles in jou vermoë te doen om die tieners in jou sorg behoorlik toe te rus vir die lewe en hulle te beskerm teen die oorweldigende invloed van die media. Dan besef jy jy kan wel iets aan die sorgwekkende toestand doen. En natuurlik kan jy let op jou eie norme en waardes en mooi kyk met wie jy jouself vergelyk. (Maar ek sou nog steeds graag ‘n lyf soos Christian Storm in vandag se Rapport wou hê!! :))

Hier is die skakel vir die volledige artikel – lees gerus: http://www.clinical-depression.co.uk/dlp/depression-information/teen-depression/

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s