Ouderdom: 51
Beroep: Uitgewer
Huwelikstatus: Getroud
Waar woon jy? Mowbray, Kaapstad
Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Een vrou, twee kinders, een “huurder” wat ons deur universiteit help, twee katte en (nou) drie honde.
In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?
Ek werk al vir tien jaar van die huis af, so vir my is dit minder moeilik.
Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?
Dit was ’n slim besluit op daardie stadium.
Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?
Dit was ’n slim besluit op daardie stadium.
Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?
Ons het baie gaan stap.
Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?
Om nie te kon (wettiglik) hardloop nie, was nie pret nie.
Wat was die moeilikste tydens vlak 5?
Die honde wou gaan stap en hulle kon nie.
Wat is vir jou positief tydens vlak 5?
My seun het ’n hondjie aangeneem.
Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?
Verbasend goed.
Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?
Op daardie stadium het die besluit sin gemaak.
Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?
Om te kon gaan hardloop.
Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?
Ek kon hardloop.
Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?
Ek kon hardloop en met die honde stap.
Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?
Die ure vir oefening was simpel en het nie sin gemaak nie.
Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?
Ja.
Het jy tydens vlak 5 geoefen?
Ja, maar dit was moeilik. Ek het dus ook berus en my lyf laat rus.
Hoe het jy dit gedoen?
Bietjie om die huis gedraf.
Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?
Lekker om weer te hardloop, maar te veel mense!
Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?
Makliker oefening.
Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?
Ons kon weer in die bos gaan stap.
Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?
Van die regering se maatreëls maak ekonomies geen sin nie. Glad nie. Die hele land ly daaronder.
Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?
Ek donner aan.
Is jy finansieel erg geraak?
Ek is een van die min mense wat regdeur (bitter hard) kon werk.
Wat is nou vir jou die moeilikste?
Ek is bekommerd oor mense wat nie kan werk nie.
Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?
My aanlynvaardighede het verbeter.
Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?
In breë trekke. Detail laat ek aan die dokters.
Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?
Ek lees wêreldwyd, ek het nie ‘n TV nie.
Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?
Ek neem nie detail op nie – die meeste is konfliktered.
Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?
In breë trekke.
Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel?
Nee. Ek probeer lande se respons vergelyk.
Hoekom?
Dit was wel interessant om te sien hoe verskillende lande dit hanteer het.
Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou?
Meer mense gaan steeds aan TB dood.
Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin?
Nee veel nie.
Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?
Ek weet nie.
Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?
Ja.
Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?
Kollegas van my geliefde.