Danie Botha

  1. dscf5633-60
    A man walks across a deserted square in central Cape Town, South Africa, two weeks into the country’s coronavirus lockdown.

    Ouderdom: 64

  2. Beroep: Vryskutskrywer
  3. Huwelikstatus: Ongetroud
  4. Waar woon jy? Buite Napier op n kleinhoewe, Wes-Kaap.
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Alleen.
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Omdat ek alleen is, mis ek menslike kontak meer as gewoonlik nou.
  7. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ek het dit aanvaar want ek het die motivering daaragter ondersteun.
  8. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5) afgekondig is? Ek was onrustigerig, maar ek het geglo dis belangrik om dit te doen.
  9. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Niks besonder nie, dag-tot- dingetjies gedoen. Normaal.
  10. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Meer afgesonder as voorheen, maar aanvanklik was dit nie so erg nie; ek het verstaan waatom dit gedoen word.
  11. Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om niemand te mag sien nie.
  12. Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Ek het geglo dis goed omdat dit n belangrike doel sou dien.
  13. Hoe het die mense gevaarwat saam met jou ingeperk was? Ek was alleen.
  14. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Ek het dit aanvaar omdat dit nodig was, al was dit nie lekker nie.
  15. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Mense.
  16. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Geen groot verandering nie, ook nie in my gemoed nie.
  17. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?
  18. Ek kon begin uitsien na meer positiewe stappe in die toekoms.
  19. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Niks spesifieks nie.
  20. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Gereeld nee, maar soms.
  21. So n bietjie.Het jy tydens vlak 5 geoefen?
  22. Hoe het jy dit gedoen? Gestap hier op my werf (ek het ruimte).
  23. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Dit het my nie juis geraak njie omdate ek wel hier kan stap.
  24. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Gemoedstoestand meer positief.
  25. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? “Voor in die wapad brand n lig.”
  26. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Niks juis nie.
  27. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Minder goed as wat ek sou wou.
  28. Is jy finansieel erg geraak? Darem nie. GELUKKIG nie.
  29. Wat is nou vir jou die moeilikste? Om te voel ek is nie ‘vry’ nie. Beperk tov van rondbeweeg.
  30. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Heelwat mnse begin besef “Not everything is about ME.”
  31. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja
  32. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Ek kyk NOOIT TV nie. Ek raadpleeg die internet, en koop koerante.
  33. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Maak my onrustig.
  34. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Redelik.
  35. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Europa en Amerika
  36. Hoekom? Ek het vriende daar.
  37. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Maak my onrustig.
  38. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Dalk meer, wanneer ek kon, wou uitkom.
  39. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Die nuus bly volg.
  40. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja, n Hollandse vriendin.
  41. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee.