‘n Wonderlike akoestiese album wat in 2005 verskyn het. Die lirieke is ongelooflik mooi en die CD kom ook met ‘n bonus-DVD waarop hy ‘n paar liedjies net met kitaar sing en ‘n klein bietjie praat oor daaroor. My gunstelinge is All the way home, Maria’s bed, Long time comin’ en Jesus was an only son, maar dis slegs omdat hulle die lekkerste wysies het. Die ander lirieke is almal die moeite werd om na te luister – en te onthou.