Om te rou is harde werk

Terwyl die Sondagaand blues my nou vanaand so deeglik beet het, plaas ek hier (met haar toestemming) skrywer Sophia Kapp se baie waardevolle gedagtes oor die rouproses. Ek kan maar net Amen sê op alles wat sy hier noem.

1. Om te rou is eensaam. Jou vriende kan luister, jou wyn voer en jou vashou terwyl jou nate lostrek, maar hulle kan nie die pyn namens jou ervaar nie. Op ‘n kol gaan jy alleen moet wees met jou eie gedagtes, en dis die naaste wat jy in hierdie lewe aan die hel sal kom.

2. Om een of ander rede maak die goeie herinneringe seerder as die slegtes.

3. Wanneer jy op jou seerste is, gaan een of ander idioot die opmerking maak dat iemand anders se smart meer meriete het as joune. Dis waarskynlik die kwaadste wat jy in jou lewe gaan wees.

4. Ons verwag dikwels van die persoon wat ons in die eerste plek seergemaak het om ons van ons seerkry te bevry, maar ons vind op die harde manier uit dat enige kontak met hierdie persoon die wond net dieper maak. Die herstelproses begin wanneer jy besef dat jy die enigste persoon is wat jou pyn kan neerlê.

5. Die intensiteit van jou rouproses hou op geen manier verband met hoe waardig die persoon is oor wie jy rou nie. Dit het alles te doen met die gehalte van jou eie menswees.

6. Smart is nie ‘n hol of koue emosie nie. Jy moet rou met dieselfde passie as wat jy in die liefhê ingestort het. Enigiets minder as dit gaan jou ontspoor.

7. Die idee dat die rouproses in vyf stappe bemeester kan word, is ‘n klug. Ja, jy ontken dit, jy raak woedend, jy probeer onderhandel – met jouself, met jou eks, met God self, jy versink in ‘n pikswart depressie, jy aanvaar jou omstandighede, alles binne ‘n kwessie van ‘n uur. En dan begin dit van voor af.

8. Dis heelwat makliker om kwaad te wees as om seer te hê, maar die mense wat die grootste skade ly as jy jou pyn in woede omskakel, is diegene naaste aan jou

9. Die rouproses het ‘n lewensduur. Om voor te gee dat jy oukei is wanneer jy eintlik veronderstel is om uitmekaar te bliksem, sal nie die smart vinniger laat verbygaan nie; om daaraan vas te klou ná die vervaldatum verstryk het, gaan jou nie meer heel maak nie.

10. God hoor jou. Maar jy gaan Hom nie hoor terwyl jy rou nie, want Hy skree nie, Hy fluister. Dis eers wanneer jy kalm genoeg is om weer te luister dat jy sal besef: Hy was die hele tyd d

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s