As jy aanhou gly

Depressievegters ken daardie gevoel – jy gly dieper en dieper in die donker put af.

Die wande is glad, jou naels kry nie vashouplek nie.

En onder wag … Wat? Dalk maar net die ewige donkerte.

En jy raak so, so lus om eenvoudig te laat gaan.

Maar nee, jy doen dit nie.

Want die lewe is eens te kosbaar.

Jy VEG. Al is dit flouerig.

Jy staan soggens op uit die bed, al is dit die laaste ding wat jy wil doen.

Jy eet ‘n gesonde ontbyt, al is jy nie soggens lus vir eet nie.

Jy gaan stap met of sonder die hond, al voel jou voete soos lood.

Jy sit jou gunstelingmusiek aan, al is jy nie lus vir dans nie.

Jy tel jou seëninge een vir een … en weer … en weer. En voel ondankbaar omdat jy nie dankbaar genoeg is nie.

Jy eet ‘n klein sjokolade i.p.v. ‘n heel grote. Want jy weet na die derde blokkie is dit nie meer lekker nie.

Jy lees ‘n opgewekte boek, al is jy nie lus vir lees nie.

Jy versorg jou gesin, al is jou enigste wens om NIKS te doen nie.

Jy doen die ding waarteen jy die heel meeste opsien. Stadig en pynlik, treetjie vir treetjie.

Jy probeer goed wees vir diegene wat oor jou pad kom.

En steek jou eie swakheid verbete weg.

Want hierdie stryd is ‘n alleenstryd.

Die dag gaan verby. En nog een en nog een.

More gaan jy dieselfde doen.

En aanhou en aanhou.

Tot daar ‘n dag kom wanneer die son weer skyn.

Want die lewe is te kosbaar om op te gee.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s