Die drang om te skep

Ek het tot die besef gekom in elke mens skuil daar die behoefte om iets te skep. Iets unieks, iets getrou aan homself. Dit hoef nie noodwendig groot en indrukwekkend of opspraakwekkend te wees nie. Dit moet net ietsie van die skepper hier laat agterbly as hy nie meer hier is nie. ‘n Klein stukkie van die ewigheid waaraan ons sterflikes net vlugtig kan raak. ‘n Klein, klein splintertjie lig uit die Skepper se groot uitspansel. Dit kan ‘n kind wees, ‘n boek, ‘n gehekelde kombersie, ‘n tafel vol watertand kos … Enigiets wat uniek en eiesoortig is.

Dalk is die vermoe om self iets te skep ‘n klein stukkie van Homself wat Hy ons gegee het, net om die lewe regtig die moeite werd te maak. Dalk is dit hoekom ons so naarstigtelik woel om iets van onsself agter te laat – omdat dit die naaste is wat ons ooit aan die goddelikheid kan kom. Dalk is dit waarheen ons so gejaagd aan die hardloop is. Nie agter plesier aan nie, maar agter die vreugde aan om iets sinvols hier agter te laat as ons die dag moet vertrek.

Self weet ek net ek het nog nie ‘n groter vreugde geken nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s