As jarelange depressielyer het ek ook maar naderhand begin glo dis iets waaroor ‘n mens geen beheer het nie en wat ek nooit heeltemal sal afgeskud kry nie. En al die baie boeke oor die onderwerp waarin slim mense vertel hoe hul dit oorwin het, het my net moedeloos gemaak en my selfvertroue ondermyn. Jare lank het ek gewag dat God of mense vir my iets moet doen om my toestand te verbeter. Ek het wel baie geleer en daar is baie dinge wat my gehelp het om kop bo water te hou – oefening, musiek, geloof, my man, my kinders. Maar dit het ‘n STRYD gebly, ‘n stryd wat my energie getap en my tyd gesteel het.
Maar toe laai my oudste vir my die Uncommon Knowledge Depression Program van die internet af. Ek het onmiddellik geweet hier is iets anders. Hier word aan jou gereedskap gegee, dinge wat jy SELF kan doen – en dit werk! Ek het die gratis boekie deurgegaan, die volle program gekoop (skaars die prys van twee maande se pille – maar moet tog net nie jou pille los nie, hoor!) en alles deurgewerk. Die relax reviews (ontspanningsoefeninge) is absoluut noodsaaklik. Ek het dit op my selfoon gelaai en saans saggies aangesit as ek gaan slaap – manlief glad nie gepla nie.
Gaan kyk by: http://www.uncommon-knowledge.co.uk/index Dalk is hierdie ook vir jou die antwoord. Of ten minste ‘n stappie vorentoe.
Hieronder is ‘n opsomming van die program. Kliek op die bladsy om te vergroot. (Jammer ek kon dit nie duideliker gescan kry nie!)
Alta, dis wonderlik dat jy die pad van oorwinning kon loop. Jou Romanzas is so lig en vrolik, en dit bevestig dat jy jou denke reg kon kanaliseer. Ek leef ook maar baie dae met ‘n ‘af’ gevoel agv my verlange na die oorsese kinders. Dan is die skryfproses my redding. Ek bewonder mense wat absoluut net gelukkig is. Is daar sulke mense?
Lekker om jou hier raak te loop, Annetjie!
Ja, die verlange oorsee is nie ‘n grap nie! Ek het nooit besef dit gaan my ook tref nie. Of dalk gedink later … Maar my donkerste tye was egter toe daar niks in my lewe regtig verkeerd was nie – om te voel jy wil liewer doodgaan, en jy’t geen rede nie … Die kursus het my regtig gered. Ek sal seker soos ‘n alkoholis altyd moet pasop vir die groot donkerte, maar ek het vir die eerste keer regtig moed vir die toekoms. En dis al oppad na twee jaar toe.
Ek droom van ‘n soortgelyke kursus in Afrikaans ontwikkel …
Mei 2 2010 se antwoord is ek. Sjoe ek weet: om te wil doodgaan maar daar is nie n rede nie. Het gedink dis net ek. Dankie dat ek hierdie ontdek het. Wens ek kan meer hier skryf.
Johanne, ek hoop jy kom loer gereeld in. En nee, dis definitief nie net jy nie!
Ek is seker dom, maar ek het na die “uncommon…”website gegaan.Wat doen ek om die gratis boekie te kry ? Is dit die eerste een daar met voorblad by?Die ontspanningsoefeninge klink ook puik.
Baie dankie dat jy jou kosbare tyd met ander wat sukkel wil deel.
” Maar my donkerste tye was egter toe daar niks in my lewe regtig verkeerd was nie – om te voel jy wil liewer doodgaan, en jy’t geen rede nie … “(AANHALING)
Hier praat jy van my……. kan dit nie glo nie? Het al gedink daar is regtig GROOT fout met my.
Kyk by http://www.clinical-depression.co.uk/ – ‘n mens kom daarby uit as jy vanaf die tuisblad die skakel volg by Get Help And Insight With Free Self Help Courses And Articles (die middelste een van drie goed wat so in die middel van die bladsy genoem word). Jy kom ook daarvandaan by ‘n vraelys uit wat jou ‘n idee kan gee of jy depressie het. As jy dink dis wel so, moet jy groot asb. alles inspan om te begin veg – moenie soveel tyd mors soos ek het nie!
Ek het by die website gaan kyk en op die oomblik is daardie kurses nogal duur: 97 US Dollar = R740!! Nou dit is depressing – ek kan nie eens die kursus bekostig nie – sal lank moet spaar!
Rika, ja, geld is ‘n kwessie. Maar vir my was daardie kursus R700 werd. Of meer. Dis natuurlik as ‘n mens jou hart oopstel daarvoor en alles gee, dit absoluut deel van jou laat word. Die lewe is nou al omtrent drie en ‘n halwe jaar vir my meer die moeite werd as vir baie jare voor dit. Sulke dinge kan nie met geld gekoop word nie. As ‘n mens natuurlik dink wat dit jou dalk langtermyn aan medikasie kan spaar (LW. Ek moedig niemand aan om sommer blindweg medikasie te stop nie, hoor.), is dit ook baie min. Seker nie eens twee maande van sommige soorte pille se prys nie, of hoe? Groete en sterkte!