Murray-Theron, Erika – ‘n Tapisserie met klein diere

Van heinde en ver trek die familie op ‘n kusdorp byeen. Dit is ‘n ongewone samekoms, want ‘n geskiedenis van wrewel en verdriet het lankal die familieverbintenisse verwater tot weinig meer as sporadiese kontakte. Wat sou Gerhardt, ‘n geskeide alleenloper, beweeg om die byeenkoms te reel? Hoe kon Dorothea, wat met haar ysere wil en eiegeregtigheid ideaal toegerus is vir die rol van matriarg, so lank afsydig staan teenoor haar familie se lotgevalle? Is dit haar kuns wat haar bolwerk is – die ragfyne tapisseriee waardeur sy die kompleksiteite en nuanses van haar waarnemings probeer weergee? Of is haar kuns juis ‘n beeld van haar familie-erfenis – ‘n siedende takelwerk van rafels en los drade wat die sublieme oppervlak onderle?
Dalk is dit Gerhardt se beweegrede dat hy pynlik bewus is daarvan dat daar onder alle skitterende vlakke iets groots en onbeskryflik donker sluimer, iets wat uiteindelik na bo moet bars.

Erika Murray-Theron se prosa is geslyp en rats, sekuur ingestel op die ingewikkeldhede van die hedendaagse SA. ‘n Tapisserie met klein diere is ‘n kragtige en meesleurende familie-drama wat nie net die donker keersy van verhoudings ontgin nie, maar uiteindelik ook die ruimheid van gees wat alle durende verbintenisse moontlik maak.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s