De Kock, Helene – Somersneeu

Helene de Kock is wat my betref een van die mees onderskatte skrywers van ontspanningsleesstof in SA. Sy skryf al vir jare stil-stil die een pragtige, geloofwaardige, eg Suid-Afrikaanse liefdesverhaal na die ander. Die meeste van hulle speel in die Oos-Vrystaat af en dikwels besoek die karakters ook vir Nederland (veral in die ouer boeke). Maar elke boek en elke karakter is steeds uniek.
Met die meer blootstelling wat goeie Afrikaanse ontspanningsleesstof deesdae kry, dink ek sy kry ook meer van die erkenning wat sy lankal moes gekry het. En sy is aan die woel, hoor. O.a. het sy Somersneeu voltooi vir haar meestersgraad in kreatiewe skryfkuns by Potch. Maar dis hier waar die snag vir my inkom. Somersneeu is meesterlik geskryf. Die karakters is geloofwaardig, die temas eg Suid-Afrikaans (o.a. gay-wees en Christen-wees, ook plaasmoorde), die milieu wonderlik geteken, die intrige interessant met ‘n heel onverwagse kinkel – maar die boek het nie vir my die bekoring van haar voriges nie.
In my poging om te verstaan hoekom nie, het ek uitgekom by die vraag of dit regtig regverdig is om ‘n akademiese kwalifikasie aan ‘n fiksie-werk te koppel, veral ‘n nie-letterkundige werk. Wat vir my verlore gegaan het in hierdie boek, is die emosie. En liefdesverhale (of verhoudingsverhale, soos sy haar boeke tereg noem) kan nie bestaan sonder emosie nie. Vir my voel dit of die emosie hier weggesny is om plek te maak vir ander dinge, dinge wat die teks in die rigting van die letterkunde probeer stuur. Wat my betref, is die storie hierdeur skade aangedoen. En die leser van ontspanningsleesstof soek ten eerste ‘n lekker storie.
Of miskien is dit maar net ‘n kwessie van suur druiwe omdat ekself te lui is om ‘n graad of twee aan te pak!! :) (Sy is tans besig met haar doktorsgraad, sover ek weet).

Een gedagte oor “De Kock, Helene – Somersneeu

  1. Mmm, interessant dat ek nou hierdie raaklees. Helene is een van my gusnteling-skrywers; ek koop ‘n nuwe van haar sonder om eers te kyk waaroor dit gaan. EK het ook bietjie gekriewel oor Somersneeu, en besluit dis die “terugdink”en vertel waarvan ek nie gehou het nie. Andersins ‘n baie goeie storie en sien uit na haar volgende.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s