Wenke vir vryers!

VAN ‘N KWAAI PA AAN DIE JONG MANNE WAT BY SY DOGTER KOM KUIER RSG – MEI 2005:

Ek is nie seker of ek dalk al in die jaar toet hierdie enetjie geplaas het nie.
Maar hier is hy weer.
Want ons kan altyd doen met ‘n glimlag. 

  • Moenie toet voor die deur nie.  Jy sal nie my dogter kom oplaai nie.
  •  Kyk my dogter in die oë – op geen ander plek nie!
  •  As jou broek lyk of hy los hang, sal ek hom met ‘n paar spykers vir jou vassit.
  •  Ek lyk nie gemeen nie – ek ís gemeen.
  •  Ek is nie lus vir praatjies maak oor die weer of rugby nie.  Ek wil net een ding weet, en dis wanneer jy my dogter terugbring.  En ek ken net een woord – VROEG.
  •  Moenie tyd mors met rondry nie.  Maak jou handig – was die kar.
  •  As jy my dogter laat huil, sal ék jóú laat huil.
  •  Jy vat nie my dogter na enige fliek met ‘n ouderdomsbeperking nie.  Walt Disney is ‘n goeie keuse, maar ‘n besoek aan haar ouma is nog beter.
  •  Moenie vir my lieg nie – ek gaan vir jou uitvang!
  •  Moenie jou laat flous deur die feit dat ek ouderling is nie – ek doen dit net om my vrou tevrede te hou.

Toemaar, onder al die dreigemente het ek  eintlik ‘n goeie hart!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s