Lees, lees en lees!

‘n Skrywer kan nooit genoeg lees nie. Ek verslind alles waarop ek my hande kan le. As mense vra waar kry ek die tyd daarvoor, antwoord ek ek MAAK eenvoudig tyd! (Om nie televisie te kyk nie, help ook waarskynlik hiervoor!) Dis noodsaaklik om te lees binne die genre waarin jy skryf of wil skryf, maar dis netso noodsaaklik om wyer as dit te lees.

Daarby is dit noodsaaklik om AFRIKAANS te lees as jy in Afrikaans wil skryf.

‘n Mens kan netsoveel (of dalk meer!) leer uit ‘n boek waarvan jy nie hou nie, as uit een wat jy baie geniet. Maar ek mors steeds nie my tyd op ‘n boek wat my nie boei nie; ek sit dit eenvoudig neer.

2 gedagtes oor “Lees, lees en lees!

  1. Alta, ek het nou ‘n nuwe ding. Ek mag nie ‘n boek lees, as ek nie ook my Bybel lees nie. Ek het net die afgelope tyd so min werklik die Bybel gelees, en ek glo dit het ‘n belangrike plek. Let wel, nou lees ek amper niks!!!

    1. Dalk kan daai stelsel wat ons nou by die omgeegroepe het, jou help. Lees mos vir ‘n week lank elke dag dieselfde stukkie en probeer dit deel maak van jou lewe – dit vat baie min tyd en dit bly nogal deur die dag in jou kop.

Lewer kommentaar