Vryheid

Ek het gister in Oslo se middestad tussen malende toeriste gestaan en lees aan die definisies van vryheid van ‘n verskeidenheid mense, meestal uit lande waar persoonlike vryheid nie so vanselfsprekend is soos vir ons nie. Die kunstenaar het van Oslo na Indie gereis, in die proses die wonderlikeste portretstudies van 300 mense gedoen en hulle uitgevra oor wat vryheid vir hulle beteken. Die uitstalling het nog meer gewig gedra omdat dit skaars 100m van die Nobel Peace Centre is.
Die voorportaal van die Sentrum word gewy aan Suid-Afrika, met groot afbeeldings van Madiba en FW. Daar is ‘n TV skerm waar groot oomblikke uit die apartheidstryd vertoon word, met klein mensllike beelde tussenin. Dit het my hartseer gemaak. En trots. En weer eens laat besef die land is in my bloed. Soos die taal.
Ek het ook begin dink oor vryheid. Natuurlik kan dit baie dinge wees. Die vryheid om jouself in jou beroep uit te leef. Die vryheid om te besluit met wie jy assosieer, waar jy woon, hoe jy jou dae deurbring.
Maar vanoggend het ek besef wat dit op die oomblik vir my is: Die vryheid om in ‘n dennebos op my rug te le. EN NIE BANG TE WEES NIE. Dit is die vryheid wat ons op die oomblik nie in SA het nie. Ons het ‘n bloedige burgeroorlog vermy, ons bou aan ‘n demokrasie. Maar ons is ‘n nasie van bang mense … Ons is vir mekaar bang. Die gewone mens leef agter tralies en die misdadiger loop vry op straat.
Dit maak my ongelooflik hartseer.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s