Emma

Stages

  1. Ouderdom: 33
  2. Beroep: Arbeidsterapeut
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Durbanville
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

Saam met my man en baba seuntjie

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Ons seuntjie is net voor die inperking gebore so ons was afgesny van familie vandat     hy 10 dae oud was en het eers weer familie gesien toe hy 11 weke oud was.

  1. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Mens is maar bekommerd oor wat die toekom inhou, het aanvanklik eers onwerklik      gevoel.

  1. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?

Hierdie prentjie verduidelik dit baie akkuraat…ek het ‘n paar maal op ‘n dag deur    hierdie proses gegaan…heen en weer… (en my hormone was nog lekker deurmekaar             vir ten minste die volgende 6 weke so dit het ook nie gehelp nie J )

Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?

Ons het maar praktiese planne probeer maak, en lysies van goed wat nodig is.  My           man het al die aankope gaan doen.  Verder het ons probeer om ons familie so stuk-         stuk “vir oulaas” te sien voordat ons die volgende 3 weke gehok gaan wees…wat toe             baie meer as net 3 weke was op die ou einde.

  1. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?

Dis ‘n effens moeilik vraag, want die lyn tussen hoe my lewe verander het agv vlak 5 vs om ‘n pasgebore babatjie te hê, is nogal fyn.  Basies was jou “normale” roetine en dit wat vir jou struktuur aan jou dag gegee het, net weggevat.  Elke dag is dieselfde, daar’s nie meer ‘n verskil tusssen naweke en weeksdae nie.  Ek het my ouers ten minste een keer, soms meer, per week gesien en dis net weg.  Ons is ‘n baie gehegde familie en die manier hoe ons moeilike tye hanteer, is om fisies bymekaar te wees – baie drukkies te gee, jou hart uit te praat oor ‘n koppie tee – en daai poot wat die tafel balanseer was afgesaag.

  1. Wat was die moeilikste tydens vlak 5?

‘n Paar dinge:

  • Om afgesny te wees van jou familie (en om nie jou seuntjie se groei met hulle te kan deel behalwe met whatsapp videos nie).
  • Om die hele ouerskap storie soortvan self uit te werk, en niemand kan jou regtig aflos nie (my man help vreeslik baie, maar hy moes ook baie werk).
  • Om in jou huis vasgekeer te wees en nie eers vir ‘n stappie te kan gaan nie, of net ‘n entjie te kon gaan ry nie en dit terwyl dit die pragtigste herfsdae is.
  1. Wat is vir jou positief tydens vlak 5?

My man kon van die huis af werk, so sy “vaderskap-verlof” was heelwat langer as wat      dit sou wees.

  1. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?

My man is ‘n prokureur so dis vir hom baie belangrik om volgens die regte reëls te        leef.  Hy dink ook meer met sy kop as met sy hart.  So ek dink dit was vir hom        makliker omdat daar ‘n rede is hoekom ons ingeperk word en dit is hoe dit is.  Hy’t wel nogal ontsteld geraak wanneer hy winkels toe moes gaan en ander mense hou nie            hulle afstand nie, of as mense nie hulle maskers reg dra nie J

  1. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?

Dieselfde as soos daai prentjie hierbo J

  1. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?

My mense!!  En die natuur

En dit was ‘n baie vreemde ervaring om te sien dat ander mense “bang” is          vir jou en         vassteek as jy in dieselfde winkelrak afstap, of sommer wegkyk, want “netou   steek ek aan as ek oogkontak maak…”  Party mense kan wel glimlag met jou met             hulle oë, maar dit is darem net mooier om iemand se regte glimlag te kan sien…

O, en drukkies!!!  My liefdestale is fisiese aanraking en kwaliteit tyd – en die geleenthede vir beide was (en is eintlik nogsteeds) baie beperk.

  1. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?

Mens was seker minder bang om gestop te word as jy erens heen sou moes ry.  Verder      het dit eintlik maar nog net soos vlak 5 gevoel.  Die spertyd vir oefening was baie    onprakties.  Dit was baie oggende te koud om so vroeg met ‘n klein babatjie uit die    huis te gaan om te gaan stap, en dit was ook gereeld wanneer Jean net mooi aan die             slaap geraak het – so dan maak jy hom beslis nie wakker om te gaan stap nie J

  1. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?

Dat mens soms dit kon regkry om ‘n entjie te gaan stap – al moes jy jaag om 9h00             terug te wees by die huis.

  1. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?

Oor die belaglike 3 ure wat beskikbaar was vir oefening – dis mos glad nie logies om           almal te forseer om op dieselfde tyd buite te wees nie…

En mens begin nou al so bietjie soos ‘n kind te voel met die regering wat sommer net        besluit wat jy mag en nie mag doen nie…veral as dit lyk asof hulle nie logies dink oor     al die maatreëls nie.

  1. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?

Ons het baie gaan stap en verskillende staproetes gedoen en so nou en dan ‘n parkrun.

  1. Het jy tydens vlak 5 geoefen?

Nee… maar ek gebruik hier die herstelproses na geboorte skenk as my verskoning J

En ek wou elke af tydjie net slaap…

  1. Hoe het jy dit gedoen?
  2. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?

Sien nr 18

  1. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?

Dink mens het so bietjie hoop ervaar – die proses vorder darem en die terugvoer dat     vlak 5 en vlak 4 vir die land wel tyd gekoop het om voor te berei vir die storm wat           oppad is was positief.

  1. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?

Dat mens meer as net ‘n 3 ure tydgleuf het om buite die huis te kon wees.

  1. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?

Dat mens nogsteeds nie jou familie mag sien nie.

  1. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?

Heelwat beter as aan die begin.  Ek kon al so 3 keer my ouers sien (hulle gaan vir Jean         oppas so die rede waarom ek hulle besoek het is sodat hy kan oefen om Paarl toe te ry   en aan sy oppassers gewoond kan raak).  Ek moet wel oor 2 weke weer begin werk en           mens is maar bekommerd oor hoe jy jou geliefdes gaan gesond hou as jy aan baie       verskillende mense blootgestel word deur die loop van die dag.  Daar het ook baie            regulasies verander by my werk en dit gaan ook ‘n hele ruk neem om aan die nuwe   manier van doen gewoond te raak.

Verder is daar ook al baie meer mense wat jy ken, wat ‘n ervaring met die virus gehad het, sommige met ‘n gelukkige einde en ander weer nie, so ja, dit raak nou “close to   home”…

  1. Is jy finansieel erg geraak?

My man is gelukkig nog elke maand betaal – al was dit maar soms onseker of dit die           geval sou wees – maar ons is baie dankbaar daarvoor.  Ek het wel na 4 maande nog      geen betaling van my UIF kraamverlof   voordele ontvang nie, want daardie    afdeling van die kantoor was aanvanklik gesluit          en is nou so ver agterstallig met           al die eise…so ons hou maar duim vas dat dit             binnekort uitgesorteer word.

  1. Wat is nou vir jou die moeilikste?

Ek sou sê die onsekerheid oor hoe die virus mens se lewe in die langtermyn gaan   verander en om afskeid te neem van die lewe soos jy dit ken…veral omdat jy ‘n klein         mensie het wat jy groot maak en wonder oor hoe dit hulle lewens gaan raak.  Om die             klein kindertjies te sien wat maskers moet dra in die winkels is so jammer – hulle       moet nog speel en nie bekommernisse hê nie.  En sy familie moet hom kan druk en vashou, ens. ens. ens.  So ja, om aan te pas by die ‘nuwe normaal’ is ok vir nou, maar            dit sal so hartseer wees as dit so moet bly.  Ons bid vir ‘n entstof…

  1. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?

Omdat dit so lank net ons 3 in die huis was, was dit ook ‘n besonderse geleentheid om     te “bond” met ons nuwe seuntjie.

Ek dink ook dit was/is nogsteeds ‘n geleentheid om geestelik te verdiep.

  1. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?

Ek het aanvanklik, maar daar’s te veel opinies en mens weet elk geval nie wat om te           glo nie (en dit maak my negatief so nee, nie       eintlik meer nie).

  1. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?

Ek lees nou so een keer in ‘n week iets daaroor of gesels met ander mense en dis vir            my genoeg.  My skoonpa is in ‘n mediese beroep so dis vir my interessant om te hoor             wat hy oor die nuutste verwikkelinge dink.

  1. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?

Ek het my eintlik so half afgesny daarvan omdat dit gevoel het die virus neem mens   se lewe oor.

  1. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?

Nee

  1. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel?
  2. Hoekom?
  1. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou?

Dis vir my baie hartseer…veral om te dink dat soveel van daardie mense sonder hulle    geliefdes in die hospitaal moes sterf.  Jy wens dit vir niemand toe nie, en ja, dit maak             mens angstig om te dink dat dit met iemand naby aan jou ook kan gebeur.

  1. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin?

Dit was nie vir ons regtig moontlik met ‘n pasgebore babatjie nie, maar ek weet van             baie mense wat saam as groter familie bymekaar gaan bly het vir die lockdown – dit           sou vir my baie lekker gewees het.

  1. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?

Ek bel elke dag vir iemand – ‘n familielid of vriendin – en dit help baie.

  1. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?

Ja

  1. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?

Nog net kennisse en nie iemand naby nie – nie dat dit enigsins beter is nie.