RSS

22 Oktober – Internasionale Hakkelbewussynsdag

Na meer as vier jaar is een van die heel grootste vreugdes in my lewe steeds die feit dat my geliefde eersgeborene ‘n kursus gevind het wat hom van ‘n hakkelaar wat sy probleem pynlik wegsteek (covert stutterer) verander het na ‘n herstellende hakkelaar (recovering stutterer). Want veel meer as dit het eintlik gebeur. Eintlik het hy in die verloop van een enkele naweekkursus ‘n persoonlikheidsverandering ondergaan. Hy het amper oornag verander van iemand wat sekere woorde asook sekere situasie vermy (wat ongelooflike negatiewe implikasies vir iemand se persoonlike, sosiale en veral professionele lewe het) na iemand wat gaan vir moeilike situasies vir die hakkelaar, soos die kennismaking met vreemdes, aanspreek van vreemdelinge, telefoongesprekke, gesprekke met gesagsfigure, ens. Die resultate in sy lewe was verstommend.
Maar dit het nie vanself gekom nie. ‘n Persoon moet oor ‘n groot mate van volwassenheid beskik om die McGuire kursus te kan aanpak en deurvoer. Dit vat BAIE toewyding, vasbyt, harde werk en baie tyd. Maar die resultaat kan jou lewe verander.
Kyk gerus by  http://www.mcguireprogramme.com/ vir besonderhede.

Advertisements
 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: