Wat is atmosfeer?

My veelberese vriendin stem saam dat in Leipzig se Ou Stad nie veel van die atmosfeer van ander ou Europese stede oorgebly het nie. Daar is pragtige ou geboue met ‘n lang geskiedenis (oa die kerk waar Luther begin preek het oor die Hervorming, en die kerk waar die vreedsame revolusie begin het wat tot die val van die Muur gelei het), daar is lekker eet- en koffieplekke (maar niks tipies Duits nie!), daar is straatmusikante en blommestalletjies en mooi winkels … maar daar’s nie veel atmosfeer nie.
Wat my laat wonder – wat is atmosfeer nou eintlik? Hoe vat ‘n mens dit vas?
Dalk is dit maar wat tot ‘n mens se hart spreek, tot jou emosies. En sekerlik is dit nie dieselfde vir almal  nie. En glad nie so belangrik vir mense wat minder hartgedrewe is as ek nie. Dalk het dit te doen met die mense wat so stug lyk en geen oogkontak maak nie.
Of dalk begin verlang ek maar net huis toe …

Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar