Wanneer jy nie in beheer is nie

Om (ten minste ‘n aanvaarbare mate van) beheer oor jou lewe te behou, is ook ‘n basiese menslike behoefte wat wyd erken word. (Kyk gerus na die laaste punt by hierdie skakel.)

Om beheer te verloor, is nie noodwendig iets dramaties of traumaties nie.

Dit kan selfs vir ‘n rukkie lekker wees.

Soos wanneer jy saam met twee slim en gawe en bekwame (en dierbare) mansmense saam toer en hulle letterlik alles bekwaam hanteer.

Vir ‘n dag of wat is dit heerlik om nie eens kos hoef te maak nie. Of te bestuur nie. Of te navigeer nie.

En dan begin jy kriewel.

Want skielik kry jy die gevoel jy verdien nie eintlik om hier te wees nie.

Dan kry jy die gevoel jy het in elk geval nie ‘n keuse nie. Want jy is nou hier. En dis blerrie fantasties hier. Dis net ongelukkig nie noodwendig op daardie oomblik vreeslik LEKKER nie.

Dan besef jy jy kan eintlik nie veel doen om ‘n bydrae te lewer nie. Of om enigiets te verander nie.

(OK, ja, jy kan vriendelik en gevat en blymoedig wees … Maar wie’s nou altyd lus???)

Dan besef jy jou magte is absoluut nul en al wat jy kan doen om dit te verander, is baklei. En dit gaan net dinge vir die twee (dierbare) manne sleg maak. En die kans is altyd daar dat hul minder dierbaar kan word …

En dan baklei jy in elk geval. Net baie effentjies. Om jou punt te maak. (Eintlik maar net omdat jy nie anders kon nie.)

En jy besef die depressieduiwel is mal daaroor as ons opkrop. Veral as ons dit ter wille van sogenaamde ordentlikheid en vrede doen.

En dan gaan die dae verby en die program verander en jy het weer ‘n bydrae om te lewer – en alles is beter. (Dat die bydrae is om ses bondels wasgoed met ‘n vreemde en wispelturige wasmasjien te was, is nare werklikheid wat ‘n mens altyd kan probeer vergeet.)

Nog ‘n lessie: Dit help as ‘n mens kan uitfigure HOEKOM jy voel soos jy voel. Al verander dit niks, laat voel dit jou minstens beter. Vir my altans.

En vir jou? Hoe werk dit vir jou?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s