Boekbekendstelling: ‘n Paar gedagtes

IMG_4501Die onlangse bekendstelling van Geur van vervulling was vir my ‘n nuwe en besondere ervaring. My viering van nuwe boeke was tot dusver nog beperk tot tee saam met vriendinne en ‘n klein funksie by Lapa se Lenteskool. Natuurlik was dit almal vreeslike lekker geleenthede en die geselligheid by die Lenteskool was ‘n baie welkome oefenlopie vir ‘n regte boekbekendstelling. Maar hierdie geleentheid was my eerste ervaring van ‘n uitgewer wat regtig geld en moeite in so ‘n funksie steek. Dit het my ‘n bietjie ontsenu, maar ook baie spesiaal laat voel. Dat dit op die ou end heerlik was, met ‘n hele klomp mense (bekendes en geliefdes, asook ander belangstellendes en mense uit die boekbedryf) was vir my ‘n bonus. En dis ‘n ekstra bonus dat dit blykbaar ook darem nie ‘n finansiële verlies was nie.
Ek was maar lekker bewerig oor my en Madri Victor se besluit dat ons nie met vooraf voorbereide vrae gaan werk nie, maar dat ek uit die vuis op haar vrae gaan antwoord. (Ek het darem vooraf vir haar ‘n paar dinge genoem waaroor ek nie sou omgee om te praat nie.) Dit het op die ou end (in my oë – andere mag verskil!) baie goed gewerk. As ‘n mens passievol oor iets is, het jy eintlik selde ‘n tekort aan iets om te sê daaroor.
Hier is ‘n paar van die gedagtes wat in die gesprek genoem is (in geen spesifieke volgorde nie):

  • Ek besluit nie heel eerste op ‘n tema nie, maar die karakters lei my gewoonlik na ‘n tema toe.
  • Ek is geneig om nie vooraf veel te beplan nie. Dit dra (dalk) by tot die emosionele egtheid van die verhaal, maar dit bring ook praktiese probleme mee. Soos dat daar te veel karakters met dieselfde beroep is en dat ek sukkel om gepaste titels vir die latere boeke in die reeks te vind.
  • Ek sukkel soms om al die karakters se oog- en haarkleur te onthou, maar dis vir my maklik om elkeen se persoonlikheid, sterkpunte en swakpunte te onthou. En dis wat die belangrikste is vir die verhaal.
  • Die karakters se emosionele wêreld is wat my regtig interesseer. Maar daar moet ‘n sterk storie wees om dit te dra, anders gaan niemand dit wil lees nie.
  • Dit  wil lyk of lesers die karakters in die Geur-boeke as eg en lewensgetrou ervaar en dis vir my ‘n groot kompliment.
  • Dis vir my ‘n vreugde dat ek geleer het om raak te sien elke karakter is eintlik heldemateriaal. Verby is die dae toe karakters in liefdesverhale almal beeldskoon en volmaak was. Ek het daaruit sommer ook bevestiging gevind vir die groot waarheid dat daar in almal van ons goed sowel as sleg skuil.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s