Into the limelight …

Augustus 31, 2010 at 8:21 nm (Boeke, Kortverhale, Liefdesverhale, Random gedagtes, Romanses, Skryf, Skryfwerk, Skrywers, Verhoudingsverhale) · Wysig
Tags: , , , , , , ,

Met verloop van ‘n klomp jare het ek dit reggekry om ‘n klompie tydskrifverhale, ‘n paar romanses en ‘n enkele liefdesroman te publiseer. Alles goed en wel, maar nou het die tyd aangebreek om te begin teruggee.  Heel regverdig – niemand kan tog net ontvang nie, en ek het veral die afgelope vier jaar baie ontvang van ‘n hele verskeidenheid mense.
Dus is ek nou oppad na my eerste verskyning by die Lenteskryfskool vir liefdesverhale wat deur Potch se Skryfskool en Lapa aangebied word. Vier jaar gelede was ek ‘n kursusganger en vanjaar is ek aan die ander kant van die tafel. ‘n Yslike voorreg – en uiters angswekkend!
Wel, die speech/praatjie/lesing is geskryf, die slideshow is met groot smarte aanmekaargesit, ek is ingelui (ingelei??) in die wonderbare werkinge van ‘n dataprojektor … En nou moet ek net inspring en swem.
So eenvoudig.
Hoekom moet ‘n eerste dan tog altyd so skrikwekkend wees?

Lewer Kommentaar

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s