Carla van der Spuy

  1. Carla van der Spuy fotoOuderdom: 69
  2. Beroep: Vryskutjoernalis/skrywer
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Hartbeespoort. Die afgelope maande in Centurion om na iemand wat kanker het om te sien.
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

My man as ek in HBP is en ‘n familievriend as ek in Centurion is.

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Tydskrifte wat my brood en botter is, het gevou en ek moes kreatief dink en uit my “comfort zone” kom in ‘n beroep wat reeds geldelik  nie lonend was nie.

  1. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Geskok. Toe volg ontkenning en uiteindelik aanvaarding.

  1. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?

Uiters gespanne. Neuroties ten opsigte van “sanitizing.” Almal wat naby my gekom het is deur die “beesdip”.

  1. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?”

In isolasie. Ek wou geen kanse waag nie..

  1. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?

Dit het nie veel verander nie want ek werk al jare van die huis af.

  1. Wat was die moeilikste tydens vlak 5?

Om nie my nuwe kleindogter te kan besoek nie. En ek het  my 3-jarige kleinkind verskriklik gemis. Ook het ‘n geborgde droomvakansie na ‘n Griekse eiland deur die mat geval.

  1. Wat is vir jou positief tydens vlak 5?

Mens het meer kontak per whatsapp met vriende gehou.  ‘n Baie bedrywiger aanlyn sosiale lewe as voorheen.

  1. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?

Een was uiters gefrustreerd met die tuisblyery en die ander een het dit net aanvaar.

  1. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?

Ek het dit eintlik verwag maar dit sou beter gewerk het met wyn.

  1. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?

My gim. My water aerobiese klasse. My kleinkinders. Drukkies van my vriende. Om siek vriende in ander provinsies te gaan ondersteun omdat daar geen vlugte was nie.

  1. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?

Dit het my beter laat voel. Asof vryheid darem van ver af wink.

  1. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?

Dat sekere ondernemings weer kon oopmaak.

  1. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?

Die vou van al die publikasies.

  1. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?

Ja.

  1. Het jy tydens vlak 5 geoefen?

Ja.

  1. Hoe het jy dit gedoen?

Op ‘n trappertjie en met gewigte vir my arms terwyl ek na my Turkse telenovellas gekyk het.

  1. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?

Ek was verontwaardig want ek is ‘n naguil en loop nie sesuur die oggend rond nie.

  1. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?

Ek was bly want ek wil gaan stap wanneer ek wil.

  1. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?
    Oor die wyn. Maar na al die  maande van onthouding gee dit my skielik sinusitis.
  2. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?

Ek is nie meer kwaad nie. Daar is seker erger dinge soos om in ‘n tronksel te sit.

  1. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?

Heel goed behalwe vir nagmerries oor skares mense sonder maskers.

  1. Is jy finansieel erg geraak?

Ja, maar mens maak planne en werk baie harder as voorheen vir baie minder geld. Ek sal ook maar na die Covid  vir SASSA aansoek doen .

  1. Wat is nou vir jou die moeilikste?

Dat mens nie vrylik tussen provinsies kan beweeg nie.

  1. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?

Mens begin kreatief te dink.

  1. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?
    Ja.
  2. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?

Daagliks dmv whatsapp en aanlynnuus.

  1. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?

Mens se emosies wissel. Onsteld as mense sterf, maar skep dan weer hoop as jy sien hoeveel gesond geword het. Ek vertel myself Afrikamense is taai.

  1. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?

Ja.

  1. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel?

Brittanje en Nederland.

  1. Hoekom?

Ek het familie daar.

  1. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA  jou?

Dit ontstel my maar dit is bemoedigend dat dit laer blyk te wees as elders en oor ‘n maand of twee is dit somer en die virus hou van koue.

  1. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin?

Niks.

  1. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?

Ek sou maar weer net so wetsgehoorsaam wees as voorheen maar dalk nie almal van kop tot tone bespuit het nie.

  1. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?

Ja.

  1. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?

Nee.