- Ouderdom: 63
- Beroep: Landdros
- Huwelikstatus: Getroud
- Waar woon jy? Tarkastad, Oos Kaap
- Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)
- My vrou
- In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? – Seker nie “uniek” nie, maar in redelike mate uitdagend. Ek is as essensiele werker elke dag aan diens by Landdroskantore, en het daardeur daaglikse kontak met ander beamptes, polisiebeamptes ens.
- Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? – reg aan die begin? Daar was so onkundige tipe van “excitement” gewees, dit was iets vreemd, nie n politieke noodtoestand nie……
- Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? – dit was n nugtere besef dat iets ernstig iewers aan die gebeur is
- Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? – in ons huis saam met my vrou, en baie tv gekyk om te hoor wat aangaan, andersins was ek by die werk.
- Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? – die verbod op sosiale reise het baie verander, ons eie persoonlike lewe is nie dramaties direk beinvloed nie.
- Wat was die moeilikste tydens vlak 5? – gebrek aan vryheid om te gaan waar jy wil, en om soms saam met vriende/fam te wees, of n koppie koffie te gaan drink. Dis baie makliker as wat miljoene ander moes trotseer
- Wat is vir jou positief tydens vlak 5? – seeninge, baie baie seeninge. Fisiese gesondheid en n stabiele huis
- Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? My vrou verdien n goue ster, sy hou eintlik maar alles bymekaar
- Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? – met n groter mate van frustrasie. En met toenemde besef dat ons leiers ook hulpeloos en soms hopeloos mistas.
- Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Om te kan reis.
- Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? – nie daadwerklik nie, ek kan regtig nie onthou nou wat die verskille was nie.
- Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? – geen antw
- Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? – geen antw
- Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Nie aktiewe sport of oefening nie, ons is sosiale stappers laatmiddag en my vrou is n ywerige tuinier. Sy het gewoel en gewerfskaf.
- Het jy tydens vlak 5 geoefen? Paar maal om huis gestap maar dit was vervelig. Dit was die “in-ding” Omdat ons op die meer afgelee platteland woon, het ons steeds soms in namiddae n paar straatblokke ver gaan stap
- Hoe het jy dit gedoen? Soos by vraag 23
- Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? – nie van toepassing, 6vm is dit nog donker(ig) en ek het ook elke dag gaan werk. Saterdae en sondae was vir laatslaap
- Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? – meer toelating om te kan reis na Oos Londen waar ons n beach cottage het, kon oor naweke daarheen gaan en tyd spandeer, dit was n groot verligting
- Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? – meer besighede wat kon oopmaak, paar koffiewinkels ens
- Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? – die aanhoudende en soms irrasionele beperking op baie aktiwiteite wat geen logiese sin maak nie….die harwar oor goeters soos sigarette en drank, die weersprekings deur NCC
- Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? – werksgewyse sukkel dit beslis, die infrastrukeer verkrummel voor my oe maar regeringswoordvoerders ignoreer baie praktiese probleme wat ons in regstelsel ondervind. Dit lei tot uiterste frustrasies omdat baie personeel situasies uitbuit en bloot van werk wegbly. Weereens, my vrou is n rots en vertroosting en veilige hawe. Ek is baie geseend op daardie vlak.
- Is jy finansieel erg geraak? Nee, ontvang volle salaris. My vrou bedryf egter n kleuterskool en moes noodgedwonge sluit…..dit is n passie vir haar, Ons is nie finansieel daarvan afhanklik nie, of net in mindere mate dalk.
- Wat is nou vir jou die moeilikste? Korrupte gierige politici wat die land se mense van geen waarde ag nie.
- Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Gevalle van menslike meelewendheid, mense wat nou nood by ander raaksien en dienooreenkomstig optree. Kindness in face of adversity.
- Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? – nee, nie spesifiek in detail nie, maar ek is bewus wat grootliks aangaan sonder om daarop te konsentreer, ek probeer altans.
- Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? – lees meestal News24 nuusdekkings op internet. Vermy tv-nuus sover ek kan
- Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? As ek dit moet kyk, raak ek omgesukkeld en geirriteerd – daar is baie hartseerverhale wat mens diep tref.
- Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ja, soms
- Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? VSA
- Hoekom? Ons seun en skoondogter is sedert Aug 2019 op n drie jaar werkskontrak daar en daarom is dit vir ons belangrik hoe hulle dit beleef. En of hul veilig is
- Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? – nog nie direk nie.
- Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? – ek het regtig geen idee nie. Moeilike vraag…..
- Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? – my menslikheid wou behou
- Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja, verskeie
- Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Genadig niemand persoonlik nie, maar wel n polisiebeampte op ons dorp wat laasweek oorlede is.