Op tien weet jy …

Op tien weet jy:

Jy’s die mooiste kind in die hele wêreld

Jy gaan eendag ‘n baie belangrike werk doen

Jy gaan met ‘n aantreklike, ryk, goeie man trou

Julle gaan mooi, gehoorsame kinders met pragtige maniere grootmaak

Op twintig begin vermoed jy:

Jy is toe nie die heel mooiste nie

Al wat leef en beef wil ‘n belangrike werk doen

Aantreklike, ryk, goeie mans is amper so skaars soos hoendertande

Min kinders is altyd mooi, gehoorsaam en manierlik

Op dertig het jy al ontdek:

Die mense wat saakmaak voel vere hoe jy lyk

Niemand dink jou werk is belangrik nie

Jou maat is waarskynlik nie so aantreklik en gaaf

soos jy beplan het nie – en beslis nie so ryk nie

Ander mense (LW!) het soms minder mooi,

minder gehoorsame kinders sonder enige maniere

Op veertig vrees jy:

Mooi wees is besig om harde werk te word

Jy is toe nie uitgeknip vir belangrike werk nie

Jou maat gaan nooit verander nie

Jou kinders is nie so vreeslik mooi of manierlik nie,

en beslis nie gehoorsaam nie – en dis alles jou skuld

Op vyftig weet jy:

Skoonheid kom toe al die tyd van binne

Om met vreugde te dien is die heel belangrikste werk

Hy gaan nie verander nie, en dis ook nie meer so belangrik nie

Jou kinders is kosbaar – foute en al –

en nevermaaind wie se skuld dit is!

Op vyftig weet jy ook:

Plooie kom van baie lag

Kos is vir samesyn en blaarslaai hoofsaaklik vir konyne

Jou middel vergroot oor jou borskas nie al die liefde kan hou nie

‘n Lyf met plooie, rekmerke en selluliet

is interessant en karaktervol

Jy sal nooit alles kan doen wat jou pelle kan doen nie –

En dit maak ook nie saak nie, want jy’s goed nes jy is!

Een gedagte oor “Op tien weet jy …

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s