Coq au vin (haantjie in wyn)

Na een van die huiskok en glanskok se sessies op ‘n Vrydagoggend op rsg, het ek vir die eerste keer gewaag om iets met ‘n Franse naam te kook. Hieronder is ‘n stukkie van ‘n webwerf (ek het die skakel verloor!) en daaronder my eie vereenvoudiging van die (reeds eenvoudige) resep.
Coq au Vin … Just the name conjures up images of the beautiful French country side, a mother lovingly chopping, sauteing and cooking a big pot of stew for her family. The whole family coming together and dunking crusty pieces of Baguette into all the rich, wine-flavoured juices.
Of course, the picture back at home is a little bit different. Not only don’t I stay in the beautiful French country side but I also don’t have time to marinade the chicken for at least 24 hours, then brown it before adding back the marinade, frying the mushrooms, bacon and onions all seperately…oi vey, just typing it makes me tired. So this is MY Coq au Vin which I’ve simplified a whole lot.
En hier is myne:
Enige hoenderstukke, soveel soos jy wil
‘n Bietjie spek, nie soveel dat dit dis oorheers nie
, fyngekap
Uie, gekap
Knoffel (vars of vlokkies) na smaak
‘n Paar wortels in stukke gesny
Seldery (wat ek uitgelaat het – kan net nie daarvan leer hou nie)
Enige sampioene waarvan jy hou
Lourierblare

Bietjie tiemie en oregano (wat ek nie in die huis gehad het nie)
So twee koppies rooiwyn (bv. Shiraz)
Netsoveel hoenderaftreksel

Bietjie bruinasyn
Bietjie suiker

Braai apart in ‘n groot pot:
Eers die spek, dan die hoender, en dan die groente en kruie
Voeg alles bymekaar met die vloeistof en prut tot lekker sag
Verdik sous met ‘n bietjie maizena as nodig
Eet met rys of brood (kan seker pasta ook wees)

Dis regtig nogal baie lekker, hoor!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s